Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 10
  • Hulle het gedink ek is die dominee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het gedink ek is die dominee
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy het die waarheid op ’n onwaarskynlike plek gevind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Trollie-getuieniswerk — Voordele regoor die wêreld
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Ons beskou die wêreld​—⁠Die Midde-Ooste in die kollig
    Ontwaak!—2015
  • ’n Buitengewone begraafplaas
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 10
Twee mans in ’n begraafplaas praat met ’n Getuie. Een van hulle beduie na ’n begrafnisdiens in die agtergrond.

Hulle het gedink ek is die dominee

Osman en sy vrou en dogter het met ’n lektuurtrollie aan die openbare getuieniswerk deelgeneem buite ’n begraafplaas in Chili. Skielik het daar ’n groot groep mense wat harde musiek gespeel het, vir ’n begrafnis opgedaag. Party mense het gedink dat Osman die dominee van hulle Evangeliese Kerk is. Hulle het na hom toe gekom, hom omhels en uitgeroep: “Dankie dat Dominee betyds is. Ons het gehoop dat jy hier sou wees!”

Hoewel Osman vir hulle probeer sê het dat dit ’n misverstand is, het die mense so geraas dat hulle hom nie kon hoor nie. ’n Paar minute nadat die groep by die begraafplaas ingegaan het, het ’n paar mense na hom toe teruggekom en vir hom gesê: “Dominee, ons wag vir jou in die begraafplaas.”

Toe dit ’n bietjie stiller word, kon Osman verduidelik wie hy is en hoekom hy daar is. Nadat die groep mense gesê het hoe kwaad hulle is omdat hulle dominee nie gekom het nie, het hulle vir Osman gevra: “Sal jy inkom en ’n paar woorde uit die Bybel met die groep deel?” Osman het ja gesê.

Op pad na die graf het Osman hulle ’n paar vrae gevra oor die persoon wat dood is en gedink aan ’n paar tekste wat hy vir hulle kon lees. Toe hulle by die graf aankom, het hy homself aan die groep mense voorgestel en verduidelik dat hy een van Jehovah se Getuies is en dat hy deelneem aan ’n werk om goeie nuus vir mense te vertel.

Toe lees hy Openbaring 21:3, 4 en Johannes 5:28, 29 en verduidelik dat dit nooit God se doel was vir mense om te sterf nie. Hy het gesê dat God binnekort die dooies weer sal laat lewe en dat hulle die vooruitsig sal hê om vir ewig op die aarde te lewe. Toe Osman klaar is, het baie mense hom omhels en vir hom dankie gesê vir “Jehovah se boodskap van goeie nuus”. Hy het toe teruggegaan na die lektuurtrollie.

Ná die begrafnis het party van die mense wat hartseer was, na die lektuurtrollie toe gekom en vir Osman en sy gesin vrae oor die Bybel gevra. Hulle het ’n lang gesprek met die mense gehad. Hierdie mense is toe daar weg met amper al die lektuur wat by die lektuurtrollie was.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel