Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbv artikel 26
  • Psalm 46:10 – “Bedaar en erken dat Ek God is”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Psalm 46:10 – “Bedaar en erken dat Ek God is”
  • Verduidelikings van Bybelverse
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Betekenis van Psalm 46:10
  • Konteks van Psalm 46:10
  • Psalm 37:4 – “Vind jou vreugde in die Here”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Glanspunte uit die Derde en Vierde Boek van Psalms
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Psalm 23:4 – “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Profesieë gee besonderhede oor die Messias
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
Sien nog
Verduidelikings van Bybelverse
ijwbv artikel 26

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Psalm 46:10 – “Bedaar en erken dat Ek God is”

“Onderwerp julle en weet dat ek God is. Ek sal verheerlik word onder die nasies. Ek sal verheerlik word op die aarde.” – Psalm 46:10, Nuwe Wêreld-vertaling.

“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. – Psalm 46:11, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

Betekenis van Psalm 46:10

God spoor almal aan om hom te dien en om te erken dat hy die reg het om oor die aarde te regeer. Sy krag en gesag is ’n feit waarteen niemand kan stry nie, en almal wat vir ewig wil lewe, moet dit erken. – Openbaring 4:11.

“Onderwerp julle en weet dat ek God is.” Party Bybelvertalings vertaal die eerste deel van hierdie vers as “bedaar”. Dit is hoekom baie mense verkeerdelik dink dat dit ’n bevel is om respekvol of stil te wees in die kerk. Maar die Hebreeuse uitdrukking wat vertaal word met “onderwerp julle en weet dat ek God is”, is ’n versoek van Jehovaha God aan mense van alle nasies. Hy spoor mense aan om hom nie meer teë te staan nie en om te erken dat hy die enigste een is wat hulle aanbidding verdien.

Daar is ’n soortgelyke gedagte in Psalm 2. God belowe in hierdie psalm dat hy sal optree teen diegene wat hom teëstaan. Maar diegene wat God se gesag erken, vertrou op hom vir leiding, krag en wysheid. “Almal wat by Hom beskerming soek”, voel gelukkig en veilig, veral gedurende moeilike tye. – Psalm 2:9-12.

“Ek sal verheerlik word onder die nasies. Ek sal verheerlik word op die aarde.” In die verlede was Jehovah God verheerlik toe hy sy groot krag gebruik het om sy volk te beskerm (Eksodus 15:1-3). In die toekoms sal hy op ’n baie groter skaal verheerlik word wanneer almal op die aarde hulleself aan sy gesag onderwerp en hom aanbid. – Psalm 86:9, 10; Jesaja 2:11.

Konteks van Psalm 46:10

Een verwysing noem Psalm 46 “’n gesang wat die krag van God vier, die magtige verdediger van sy volk”. Toe God se volk Psalm 46 gesing het, het hulle gewys dat hulle op Jehovah vertrou het om hulle te beskerm en te help (Psalm 46:1, 2). Die woorde het hulle herinner dat Jehovah altyd met hulle was. – Psalm 46:7, 11.

Om hulle vertroue te versterk dat Jehovah God die krag het om hulle te beskerm, het die psalmskrywer hulle genooi om oor Jehovah se kragtige werke na te dink (Psalm 46:8). Dit het veral die aandag gevestig op die feit dat hy ’n einde aan oorlog kan maak (Psalm 46:9). In ’n sekere sin het Jehovah ’n einde aan oorlog in Bybeltye gemaak deur sy volk teen hulle vyande te beskerm. Maar die Bybel belowe dat God binnekort dit selfs op ’n groter skaal sal doen wanneer hy ’n einde aan alle oorloë regoor die wêreld sal maak. – Jesaja 2:4.

Help Jehovah nog steeds sy aanbidders vandag? Ja. Om die waarheid te sê, die apostel Paulus het Christene aangemoedig om op Jehovah te vertrou vir hulp (Hebreërs 13:6). Die gedagtes in Psalm 46 versterk ons vertroue in God se krag om ons te beskerm. Dit help ons om God as “ons skuilplek en sterkte” te beskou. – Psalm 46:1.

Lees Psalm 46 saam met verduidelikende voetnote en kruisverwysings.

Kyk na hierdie kort video om ’n oorsig van die boek Psalm te kry.

a Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel