2 Daarna het die koning na die huis van Jehovah gegaan saam met al die manne van Juda, al die inwoners van Jerusalem, die priesters en die profete – die hele volk, van klein tot groot. Hy het al die woorde van die boek+ van die verbond+ wat in die huis van Jehovah gevind is, vir hulle voorgelees.+