24 “‘Elam+ is daar met haar hele leërmag rondom haar graf, almal wat met die swaard doodgemaak is. Hulle het afgegaan na die land daar onder en was nie besny nie, dié wat die land van die lewendes vol vrees gemaak het. Nou sal hulle hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan.