21 En elke kookpot in Jerusalem en in Juda sal heilig wees en aan Jehovah van die leërmagte behoort. En almal wat offerandes bring, sal inkom en van die kookpotte gebruik om daarin te kook. In daardie dag sal daar nie meer ’n Kanaäniet in die huis van Jehovah van die leërmagte wees nie.”+