Voetnoot
f In 1879 was die hoofkwartier in Vyfdelaan 101, Pittsburgh, Pennsilvanië. Die kantoor is in 1884 na Federalstraat 44, Allegheny (die noordelike kant van Pittsburgh), verskuif; en dit is later daardie selfde jaar na Federalstraat 40 verskuif. (In 1887 is dit Robinsonstraat 151 genoem.) Toe hulle in 1889 meer ruimte nodig gehad het, het broer Russell die Bible House, wat links getoon word, te Archstraat 56-60, Allegheny, laat bou. (Die nommers is later na Archstraat 610-614 verander.) Hulle hoofkantoor was in 1918-19 weer ’n kort rukkie in Pittsburgh, op die tweede verdieping te Federalstraat 119.