Voetnoot
a Die uitdrukking “weeskind” wys dat Jehovah baie omgegee het, nie net vir vaderlose seuns nie, maar ook vir vaderlose meisies. Jehovah het in die Wet ’n verslag ingesluit oor ’n regterlike beslissing wat verseker het dat die vaderlose dogters van Selofhad ’n erfenis ontvang. Dié beslissing het ’n presedent gestel en sodoende die regte van vaderlose meisies gehandhaaf. – Numeri 27:1-8.