Voetnoot
b Die Bybel toon dat dit nie altyd genoeg is om ’n skoon gewete te hê nie. Paulus het byvoorbeeld gesê: “Ek is nie bewus van enigiets teen my nie. Tog bewys dit nie dat ek regverdig is nie, maar hy wat my ondersoek, is Jehovah” (1 Korintiërs 4:4). Selfs diegene wat Christene vervolg, soos Paulus vroeër gedoen het, kan dit met ’n skoon gewete doen omdat hulle dink dat God hulle weg goedkeur. Dit is noodsaaklik dat ons gewete in ons oë sowel as in God se oë skoon moet wees.—Handelinge 23:1; 2 Timoteus 1:3.