Voetnoot
b Petrus verwys hier in simboliese sin na die aarde. Die Bybelskrywer Moses het eweneens in simboliese sin na die aarde verwys. Hy het geskryf: “Die hele aarde het steeds een taal . . . gehad” (Genesis 11:1). Net soos dit nie die letterlike aarde is wat “een taal” praat nie, is dit ook nie die letterlike aarde wat vernietig sal word nie. Soos Petrus sê, is dit eerder goddelose mense wat vernietig gaan word.