Voetnoot
a Party Bybelgeleerdes beweer dat Judas aangehaal het uit ’n apokriewe boek wat die Boek van Henog genoem word. Maar hierdie boek, wat verkeerdelik aan Henog toegeskryf word, is ’n vergesogte verslag waarvan die oorsprong onbekend is. Dit bevat ’n akkurate weergawe van Henog se profesie, maar die inligting kom dalk van ’n onbekende eertydse bron—moontlik ’n geskrewe dokument of ’n mondelinge tradisie. Judas het moontlik dieselfde eertydse bron gebruik. Of Jesus, wat Henog se lewe eerstehands uit die hemel gesien het, het hom dalk hiervan vertel.