Voetnoot
a Die oorgrote meerderheid Israeliete wat Jehovah se wonderwerke by die Rooisee gesien het, het nie die geleentheid gehad om die Beloofde Land te sien nie (Num. 14:22, 23). Jehovah het gesê dat dié wat 20 jaar en ouer is en wat geregistreer is, in die wildernis sou sterf (Num. 14:29). Maar Josua, Kaleb en baie van die jonger geslag en van die stam van Levi het lank genoeg gelewe om te sien hoe Jehovah sy belofte vervul toe Israel die Jordaanrivier oorgesteek het en Kanaän binnegegaan het. – Deut. 1:24-40.