Voetnoot
c Volgens die NIV Study Bible is die herhaling van God se naam in hierdie verse “vir beklemtoning en om krag te gee aan die uitdrukking in [vers 27]”. Maar party beweer dat die feit dat God se naam drie keer in hierdie verse herhaal word, die idee ondersteun dat God ’n Drie-eenheid is. Dit is nie die geval nie. ’n Bybelkommentaar wat die Drie-eenheid ondersteun, erken dat die feit dat God se naam drie keer hier gebruik word “nie die priester wat hierdie seën gegee het of die mense wat dit gehoor het, aan hierdie idee sou laat dink het nie. Om God se naam drie keer te herhaal, het die seën vir hulle net pragtiger en vollediger gemaak” (The Pulpit Commentary, deel 2, bladsy 52). Vir meer inligting, sien die artikel “Is God ’n Drie-eenheid?”