-
Insig uit die twee boeke van die KoningsDie Wagtoring – 1985 | Mei 1
-
-
om die Christelike Griekse Skrifte te verstaan. Baie besonderhede sal niksseggend wees sonder die agtergrond wat die Hebreeuse Skrifte voorsien. Jesus en die vroeë Christene, sowel as die Jode met wie hulle gepraat het, was deeglik vertroud met daardie geskrifte. Neem gerus self die tyd om net so vertroud te raak daarmee. Sodoende sal jy ten volle gebruik maak van „die hele Skrif”, wat ,deur God ingegee en nuttig tot lering is’.—2 Timotheüs 3:16.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 1985 | Mei 1
-
-
Vrae van lesers
▪ Kan party Christene nie miskien sterilisasie as ’n vorm van geboortebeperking gebruik met die oog op verslae dat dokters ’n vrywillige sterilisasie kan omkeer nie?
Die Bybel toon dat God hoë agting vir voortplantingsvermoëns het. Hy was van voorneme dat mense die aarde moes vul deur hulle soort voort te bring (Genesis 1:28; 9:6, 7). Later het die Israeliete groot gesinne as ’n seën van Jehovah beskou, en dit het God se misnoeë meegebring wanneer geslagsorgane beskadig is (Psalm 127:3-5; Deuteronomium 1:11; 23:1; 25:11, 12). Sulke gedagtes in die Hebreeuse Skrifte het talle van God se knegte se beskouing van vrywillige sterilisasie beïnvloed.a
Wat vind ons egter in die Christelike Griekse Skrifte oor hierdie saak? Eerstens, ons leer dat Christene nie onder die Mosaïese Wet is nie (Galasiërs 3:24, 25). Jesus het ook getoon dat die Christelike godsdiens deur die verkondiging van die goeie nuus, en nie deur voortplanting nie, sou uitbrei. Aangesien dit ’n groot oes dissipels sou voortbring, het Jesus die dissipels wat kon, aangeraai om ongetroud te bly en selfbeheersing as ongetroude persone toe te pas. Die apostel Paulus het Christene eweneens aangespoor om nie te trou nie en sodoende groter vryheid te hê om te preek en te onderrig. Hulle sal dan geestelike kinders verkry. Selfs egpare moes onthou dat ,die tyd kort is’; hulle doelwit moes wees om vry te wees van die sorge van gesinslewe.—1 Korinthiërs 7:29-32, 35; Mattheüs 9:37,38; 19:12.
Toe ons vrywillige sterilisasie laas in hierdie rubriek bespreek hetb, het die meeste geneeshere die prosedure as onherstelbaar en derhalwe permanent beskou. Maar mediese ontwikkelinge in die afgelope dekade het die situasie ietwat verander. Population Reports (November-Desember 1983, Johns Hopkins-Universiteit) sê byvoorbeeld oor vasektomie: „In onlangse verslae het omkeeroperasies potensie herstel—dit wil sê, saad is in die uitstortsel gevind—in 67 tot 100 persent van die mans. Funksionele sukses—dit wil sê, swangerskappe onder vroue van mans wat omkeeroperasies gehad het—wissel tussen 16 en 85 persent.” Daar word ook gesê dat nuwe chirurgiese prosedures en metodes om tydelike versperrings in te plant, toon dat die omkeersukses nog sal toeneem.
Aangesien die Christelike Griekse Skrifte geen regstreekse leiding oor sulke sake gee nie, moet Christene persoonlik besluit oor hoe om die grootte van hulle gesin te beperk en oor geboortebeperking. Wat sterilisasie betref, moet hulle in gedagte hou dat hoewel die kanse op ’n omkeer teoreties groter is as ’n dekade gelede dokters nie kan waarborg dat voortplantingsvermoë herstel kan word nie.
’n Egpaar moet bowenal ’n skoon gewete voor Jehovah en voor hulle mede-Christene behou. As ’n egpaar sterilisasie as ’n vorm van geboortebeperking oorweeg, moet hulle nogtans dink aan watter uitwerking hulle dade op ander kan hê. ’n Egpaar maak gewoonlik nie hulle besluit oor geboortebeperking bekend nie, maar gestel dit word algemeen bekend dat ’n egpaar hulle tot vrywillige sterilisasie gewend het. Sou die gemeente baie ontsteld wees en respek vir hulle verloor? (1 Timotheüs 3:2, 12, 13). Dit is faktore wat selfs in hierdie private en persoonlike saak baie ernstig oorweeg moet word. Laastelik, Paulus se verklaring is gepas: „Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer [Jehovah].”—Romeine 14:4, 10-12.
[Voetnote]
a Kyk byvoorbeeld „Vrae van lesers”, Die Wagtoring van 1 Junie 1975.
[Voetnote]
b Kyk byvoorbeeld „Vrae van lesers”, Die Wagtoring van 1 Junie 1975.
-
-
Jou lewe hang daarvan af!Die Wagtoring – 1985 | Mei 1
-
-
Jou lewe hang daarvan af!
Voedsel, water en lug hou jou nou aan die lewe. Maar daar is iets wat jou vir ewig aan die lewe kan hou. Vind uit wat dit is in die aangrypende boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe. Dit het 256 bladsye, so groot soos hierdie tydskrif se bladsye, met meer as 150 illustrasies, waarvan die meeste veelkleurig is. Bestel dit nou. Slegs R3,50.
Stuur asseblief die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe posvry aan my. Ek sluit R3,50 in.
-