-
Vlagsaluering, stemmery en burgerlike diens‘Hou julle in God se liefde’
-
-
dalk selfs aan die voltydse bediening deelneem?’—Hebreërs 6:11, 12.
As ’n Christen op grond van sy gewete besluit dat hy burgerlike diens kan doen in plaas daarvan om tronk toe te gaan, moet mede-Christene sy besluit respekteer (Romeine 14:10). Maar as hy voel dat hy nie sulke diens kan doen nie, moet ander ook daardie standpunt respekteer.—1 Korintiërs 10:29; 2 Korintiërs 1:24.
-
-
Bloedfraksies en chirurgiese prosedures‘Hou julle in God se liefde’
-
-
AANHANGSEL
Bloedfraksies en chirurgiese prosedures
Bloedfraksies. Fraksies word verkry uit die vier primêre bloedkomponente—rooi selle, wit selle, bloedplaatjies en plasma. Byvoorbeeld, rooi selle bevat die proteïen hemoglobien. Produkte wat gemaak word uit die hemoglobien van mense of diere, word gebruik om pasiënte te behandel wat akute bloedarmoede het of baie bloed verloor het.
Plasma—wat 90 persent water is—bevat tientalle hormone, anorganiese soute, ensieme en voedingstowwe, wat minerale en suikers insluit. Plasma bevat ook stollingsfaktore, teenliggaampies wat siektes bestry, en proteïene soos albumien. As iemand aan ’n sekere siekte blootgestel is, sal dokters dalk inspuitings van gammaglobulien voorskryf wat onttrek is uit die plasma van mense wat reeds immuniteit opgebou het. Wit bloedselle kan ’n bron wees van interferons en interleukiene, wat gebruik word om party virusinfeksies en kankers te behandel.
Mag Christene terapieë aanvaar waarin bloedfraksies gebruik word? Die Bybel gee nie spesifieke besonderhede nie; gevolglik moet elkeen sy eie besluit voor God neem in ooreenstemming met sy gewete. Party sal alle fraksies weier omdat hulle redeneer dat God se Wet aan Israel vereis het dat bloed wat uit ’n lewende wese gekom het, “op die
-