Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm bl. 31
  • Die Bybel se boodskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel se boodskap
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm bl. 31
Mense geniet Koninkryksheerskappy op die Paradysaarde

Die Bybel se boodskap

  1. Jehovah skep Adam en Eva met die vooruitsig op ewige lewe in die Paradys. Satan belaster God se naam en bevraagteken Sy reg om te regeer. Adam en Eva sluit by Satan aan in sy opstand en bring sonde en die dood oor hulle en hulle nakomelinge

  2. Jehovah vonnis die opstandelinge en belowe dat ’n Verlosser, of Saad, sal opstaan wat Satan sal verbrysel en al die gevolge van opstand en sonde ongedaan sal maak

  3. Jehovah belowe Abraham en Dawid dat hulle voorvaders sal wees van die Saad, of Messias, wat vir ewig as Koning sal heers

  4. Jehovah inspireer profete om te voorspel dat die Messias ’n oplossing vir sonde en die dood sal voorsien. Saam met medeheersers sal hy as Koning van God se Koninkryk heers, wat ’n einde aan oorloë, siekte en selfs die dood sal maak

  5. Jehovah stuur sy Seun aarde toe en identifiseer Jesus as die Messias. Jesus verkondig God se Koninkryk en gee sy lewe as ’n offerande. Jehovah wek hom dan as ’n gees op

  6. Jehovah kroon sy Seun as Koning in die hemel, wat die begin van die laaste dae van hierdie stelsel van dinge aandui. Jesus rig sy aardse volgelinge terwyl hulle God se Koninkryk aardwyd verkondig

  7. Jehovah gee sy Seun die opdrag om Koninkryksheerskappy na die aarde uit te brei. Die Koninkryk verbrysel alle goddelose regerings, bring die Paradys tot stand en bring getroue mense tot volmaaktheid. Jehovah se reg om te regeer, word geregverdig, en sy naam word tot in alle ewigheid geheilig

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel