Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 52 bl. 128-bl. 129 par. 7
  • Duisende word gevoed met ’n paar brode en visse

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Duisende word gevoed met ’n paar brode en visse
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus voed duisende wonderdadig
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus voed duisende wonderdadig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Jesus gee duisende mense kos
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Jesus gee baie mense kos
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 52 bl. 128-bl. 129 par. 7
Jesus verdeel vyf brode en twee visse en gee dit aan sy dissipels om vir die mense uit te deel

HOOFSTUK 52

Duisende word gevoed met ’n paar brode en visse

MATTEUS 14:13-21 MARKUS 6:30-44 LUKAS 9:10-17 JOHANNES 6:1-13

  • JESUS VOED 5 000 MANS

Ná ’n predikingskampanje regdeur Galilea vertel die 12 apostels vir Jesus ‘alles wat hulle gedoen het en vir die mense geleer het’. Dit is te verstane dat hulle moeg is. Maar hulle kan nie eers eet nie, want so baie mense kom en gaan. Daarom sê Jesus: “Kom saam na ’n afgeleë plek waar julle alleen kan wees en ’n bietjie kan rus.” – Markus 6:30, 31.

Hulle klim op ’n boot, waarskynlik naby Kapernaum, en gaan na ’n afgeleë plek oos van die Jordaanrivier anderkant Betsaida. Maar baie mense sien dat hulle vertrek, en ander hoor daarvan. Hulle hardloop langs die strand, en wanneer die boot daar aankom, staan hulle al daar en wag.

Wanneer Jesus uit die boot klim en die skare sien, voel hy jammer vir hulle, want hulle is soos skape sonder ’n herder. Daarom ‘begin hy hulle baie dinge leer’ oor die Koninkryk (Markus 6:34). Hy maak ook “die siek mense” gesond (Lukas 9:11). Met verloop van tyd sê die dissipels vir hom: “Ons is op ’n afgeleë plek, en dit is al laat. Stuur die skare weg, sodat hulle in die dorpies kan ingaan en vir hulle kos kan koop om te eet.” – Matteus 14:15.

Jesus sê: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet” (Matteus 14:16). Al weet Jesus klaar wat hy gaan doen, toets hy Filippus met die vraag: “Waar gaan ons brood koop sodat hierdie mense kan eet?” Filippus is die regte een om te vra, want hy is van Betsaida, wat daar naby is. Maar om brood te koop is nie die oplossing nie. Daar is omtrent 5 000 mans. En as die vrouens en kinders bygetel word, kan daar dalk twee keer soveel wees! Filippus antwoord: “Brood vir 200 denarii [’n denarii is ’n dag se loon] is nie genoeg sodat elkeen van hulle selfs net ’n stukkie kan kry nie.” – Johannes 6:5-7.

Jesus praat met die seuntjie wat die vyf brode en twee visse het

Dalk om te wys hoe onmoontlik dit is om hulle almal kos te gee, sê Andreas: “Hier is ’n seuntjie wat vyf brode en twee vissies het. Maar wat is dit nou onder so baie mense?” – Johannes 6:9.

Dit is lente, net voor die Pasga van 32 HJ, en groen gras bedek die heuwel. Jesus sê vir sy dissipels om vir die mense te sê om in groepe van 50 en 100 op die gras te gaan sit. Hy neem die vyf brode en twee visse en dank God. Dan breek hy die brode en verdeel hy die vis. Jesus gee dit aan die dissipels om vir die mense uit te deel. Verbasend genoeg eet al die mense totdat hulle versadig is!

Jesus sê later vir sy dissipels: “Maak die oorskietstukke bymekaar sodat niks gemors word nie” (Johannes 6:12). Hulle maak 12 mandjies vol met al die oorskietstukke wat hulle bymekaarmaak!

  • Hoekom soek Jesus ’n stil plek vir sy apostels?

  • Waar gaan Jesus en die dissipels, en wat sien hulle daar?

  • Wat spoor die dissipels Jesus aan om te doen, maar hoe sorg hy vir die mense?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel