Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 22 bl. 58-bl. 59 par. 6
  • Vier dissipels sal vissers van mense wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vier dissipels sal vissers van mense wees
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Vier dissipels word geroep
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Vier dissipels word geroep
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wees vissers van mense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Hy het gestry teen vrees en twyfelgedagtes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 22 bl. 58-bl. 59 par. 6
Jesus praat met Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes op die strand van die See van Galilea

HOOFSTUK 22

Vier dissipels sal vissers van mense wees

MATTEUS 4:13-22 MARKUS 1:16-20 LUKAS 5:1-11

  • JESUS NOOI DISSIPELS OM HOM VOLTYDS TE VOLG

  • VISSERMANNE WORD VISSERS VAN MENSE

Nadat die mense van Nasaret Jesus probeer doodmaak het, gaan hy na die stad Kapernaum, naby die See van Galilea, wat ook “die Meer van Gennesaret” genoem word (Lukas 5:1). Dit vervul die profesie in die boek Jesaja wat sê dat die mense van Galilea wat by die see woon, ’n groot lig sou sien. – Jesaja 9:1, 2. 

Ja, hier in Galilea hou Jesus aan om te verkondig dat “die Koninkryk van die hemel . . . naby gekom [het]” (Matteus 4:17). Jesus vind vier van sy dissipels. Hulle het vroeër saam met Jesus gereis, maar toe hulle van Judea af gekom het, het hulle teruggegaan na hulle vissersbesigheid (Johannes 1:35-42). Maar nou is dit tyd dat hulle voltyds saam met Jesus reis sodat hy hulle kan oplei om aan te gaan met die bediening wanneer hy nie meer daar is nie.

Terwyl Jesus langs die strand loop, sien hy Simon Petrus, sy broer Andreas en ander wat saam met hulle werk. Hulle is besig met hulle nette. Jesus gaan na hulle toe, klim in Petrus se boot en vra hom om ’n entjie van die land af weg te vaar. Wanneer hulle ’n entjie weg is, gaan sit Jesus en begin hy die skare wat op die strand bymekaargekom het, waarhede oor die Koninkryk leer.

Daarna sê Jesus vir Petrus: “Gaan na waar dit diep is en laat sak julle nette vir ’n vangs.” Petrus antwoord: “Onderrigter, ons het die hele nag hard gewerk en niks gevang nie, maar as u so sê, sal ek die nette laat sak.” – Lukas 5:4, 5.

Andreas, Jakobus en Johannes sukkel om die nette in die boot te kry. Petrus val voor Jesus neer

Hulle laat sak die nette en vang so baie vis dat die nette begin skeur! Hulle beduie dringend vir die mans in ’n boot daar naby om te kom help. Kort daarna is albei bote so vol vis dat hulle begin sink. Wanneer Petrus dit sien, val hy voor Jesus neer en sê hy: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ’n sondige man.” Jesus antwoord: “Hou op om bang te wees. Van nou af sal jy mense lewend vang.” – Lukas 5:8, 10.

Jesus sê vir Petrus en Andreas: “Kom volg my, en ek sal julle vissers van mense maak” (Matteus 4:19). Hy sê dit ook vir twee ander vissermanne, Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Hulle reageer ook onmiddellik. Hierdie vier manne verlaat dus hulle vissersbesigheid en word die eerste voltydse dissipels van Jesus.

  • Watter soort manne word deur Jesus genooi om voltydse dissipels te wees, en wie is hulle?

  • Watter wonderwerk maak Petrus bang?

  • Watter soort vissermanne gaan die vier dissipels nou wees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel