Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 69
  • Hoekom moet ek bid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoekom moet ek bid?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is gebed?
  • Luister God?
  • Waaroor kan ek bid?
  • Kom nader aan God deur gebed
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Hoe jy na aan God kan kom
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 69
’n Tienermeisie sit langs ’n dam

JONGMENSE VRA

Hoekom moet ek bid?

Volgens een opname bid 80 persent van die jongmense in Amerika, maar net die helfte van hulle doen dit elke dag. Party van hulle wonder dalk: ‘Is gebed net iets om my beter te laat voel, of is daar meer by betrokke?

  • Wat is gebed?

  • Luister God?

  • Waaroor kan ek bid?

  • Wat ander jongmense sê

Wat is gebed?

Gebed is werklike kommunikasie met die Skepper. Dink ’n bietjie na oor wat dit beteken! Jehovah is in elke opsig hoër as mense, en tog is “hy eintlik nie ver van elkeen van ons af” nie (Handelinge 17:27). Die Bybel bevat ook hierdie wonderlike uitnodiging: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.”—Jakobus 4:8.

Hoe kan ons nader aan God kom?

  • Een manier is deur gebed—dit is hoe jy met God kan praat.

  • ’n Ander manier is deur die Bybel te studeer—dit is hoe God met jou “praat”.

Hierdie soort kommunikasie—gebed en ’n studie van die Bybel—sal jou help om ’n vriendskap met God op te bou.

“Om met Jehovah te praat—kommunikasie met die Allerhoogste—is een van die grootste voorregte wat ons as mense kan hê.”—Jeremy.

“Wanneer ek tot Jehovah bid en my diepste gevoelens met hom deel, voel ek baie nader aan hom.”—Miranda.

Luister God?

Selfs as jy in God glo—en selfs as jy tot hom bid—kan dit moeilik wees om te glo dat hy regtig luister. Maar die Bybel noem Jehovah die ‘Hoorder van gebed’ (Psalm 65:2). Dit nooi jou selfs om ‘al jou sorge op hom te werp’. Hoekom? ‘Want hy sorg vir jou.’—1 Petrus 5:7.

Dink hieroor: Maak jy tyd daarvoor om gereeld met goeie vriende te praat? Jy kan dit ook met God doen. Praat gereeld met hom in gebed en gebruik sy naam, Jehovah, wanneer jy dit doen (Psalm 86:5-7; 88:9). In die Bybel word ons ook uitgenooi: “Bid onophoudelik.”—1 Tessalonisense 5:17.

“Gebed is ’n gesprek tussen my en my hemelse Vader waarin ek hom alles vertel wat in my hart is.”—Moises.

“Wanneer ek met Jehovah praat, vertel ek hom alles. Net soos ek sal doen wanneer ek met my ma of ’n baie goeie vriendin praat.”—Karen.

Waaroor kan ek bid?

Die Bybel sê: “Laat julle versoeke in alles deur gebed en smeking tesame met danksegging by God bekend word.”—Filippense 4:6.

Beteken dit dat dit OK is om oor jou probleme te bid? Ja! Die Bybel sê: “Werp jou las op Jehovah, en hy sal jou onderskraag.”—Psalm 55:22.

Maar wanneer jy tot God bid, moet jy natuurlik nie net oor jou probleme praat nie. ’n Jong vrou met die naam Chantelle sê: “Dit sou nie ’n baie goeie vriendskap wees as ek Jehovah net die hele tyd vra om my te help nie. Ek voel dat ek eers moet dankie sê, en daar is baie dinge waarvoor ek dankbaar moet wees.”

Dink hieroor: Watter dinge in jou lewe is jy voor dankbaar? Kan jy aan drie dinge dink waarvoor jy vandag vir Jehovah kan dankie sê?

“Wanneer jy iets moois sien, dalk iets kleins soos ’n pragtige blom, kan jy daar en dan vir Jehovah bid en vir hom dankie sê.”—Anita.

“Dink na oor iets in die skepping wat jy bewonder of ’n Bybelteks wat regtig jou hart raak, en dank Jehovah dan daarvoor.”—Brian.

Wat ander jongmense sê

Moises

“Ons gebede moenie oppervlakkig wees nie. Ons moet oor diep dinge bid. Jehovah wil ons help, en al weet hy wat ons nodig het nog voordat ons dit vra, kan ons wys dat ons op hom vertrou deur oor diep dinge tot hom te bid.”—Moises.

Miranda

“Gebed is soos ’n tou waarvan Jehovah die een punt vashou terwyl ek die ander punt vashou. Wanneer ek bid oor dinge wat diep in my hart is, voel dit vir my asof ek daardie tou stywer vasvat en Jehovah doen dieselfde. So word die band tussen ons stewiger.”—Miranda.

Jeremy

“As ons nie versigtig is nie, kan ons gebede soos ’n lys word van goed waarvoor ons wens. Maar wanneer ons vir Jehovah dankie sê, begin ons om alles wat hy vir ons gedoen het meer te waardeer. Dan sal ons ook oor ander dinge begin bid en nie net oor wat vir ons belangrik is nie.”—Jeremy.

Shelby

“Hoe meer ons Jehovah bedank, hoe meer begin ons dinge waardeer. Wanneer ons in gebed vir Jehovah dankie sê, help dit ons om te konsentreer op die goeie dinge wat ons ontvang het, eerder as op al ons probleme.”—Shelby.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel