Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Probleme van die susters wat “die huis van Israel gebou het”
    Die Wagtoring – 2007 | Oktober 1
    • ’n Voorval wat die wedywering tussen Ragel en Lea toon, het te doen gehad met liefdesappels wat Lea se seun Ruben gevind het. Mense het geglo dat hierdie vrug bevrugting bevorder. Toe Ragel daarvan wou hê, het Lea verbitterd geantwoord: “Is dit ’n kleinigheid dat jy my man geneem het, dat jy nou ook my seun se liefdesappels neem?” Volgens party het haar woorde daarop gedui dat Jakob meer by Ragel was as by Lea. Dalk het Ragel besef dat Lea ’n geldige rede vir haar gegriefdheid het, want sy het geantwoord: “Daarom gaan hy vannag by jou lê in ruil vir jou seun se liefdesappels.” Toe Jakob dus daardie aand by die huis kom, het Lea hom ingelig: “Jy gaan met mý gemeenskap hê, want ek het jou regstreeks met my seun se liefdesappels gehuur.”—Genesis 30:15, 16.

  • Probleme van die susters wat “die huis van Israel gebou het”
    Die Wagtoring – 2007 | Oktober 1
    • Die liefdesappels het nie gehelp nie. Toe Ragel ná ses jaar van getroude lewe uiteindelik swanger geraak en aan Josef geboorte gegee het, was dit omdat Jehovah aan haar “gedink” en haar gebed verhoor het. Toe eers kon Ragel sê: “God het my smaad weggeneem!”—Genesis 30:22-24.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel