Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Voorbeeld van selfopoffering en lojaliteit
    Die Wagtoring – 1997 | November 1
    • WAT vir ’n jong boer met die naam Elisa as ’n doodgewone dag van ploegwerk begin het, het uiteindelik die belangrikste dag in sy lewe geword. Terwyl Elisa op die saailand gewerk het, is hy onverwags deur Elia, Israel se vernaamste profeet, besoek. ‘Wat wil hy van my hê?’ het Elisa dalk gewonder. Hy het nie nodig gehad om lank te wag vir ’n antwoord nie. Elia het sy mantel oor Elisa gegooi om te toon dat Elisa eendag sy opvolger sou wees. Elisa het nie hierdie roeping lig opgeneem nie. Hy het sy saailand onmiddellik agtergelaat en Elia se dienaar geword.—1 Konings 19:19-21.

  • ’n Voorbeeld van selfopoffering en lojaliteit
    Die Wagtoring – 1997 | November 1
    • Toe Elisa die uitnodiging vir spesiale diens saam met Elia ontvang het, het hy onmiddellik sy saailand verlaat om Israel se vernaamste profeet te bedien. Blykbaar was party van sy take nederig, want hy het bekend geword as die een wat “water op die hande van Elia gegiet het” (2 Konings 3:11).c Elisa het sy werk nietemin as ’n voorreg beskou, en hy het lojaal aan Elia se sy gebly.

      Vandag openbaar baie van God se knegte ’n soortgelyke selfopofferende gees. Party het hulle “saailande”, hulle lewensonderhoud, agtergelaat om die goeie nuus in afgeleë gebiede te verkondig of om as lede van ’n Bethelgesin te dien. Ander het na die buiteland gegaan om aan die Genootskap se bouprojekte te werk. Baie het take aanvaar wat as nederige take beskou kan word. Maar niemand wat Jehovah as ’n slaaf dien, verrig ’n onbeduidende diens nie. Jehovah waardeer almal wat hom gewillig dien, en hy sal hulle selfopofferende gees seën.—Markus 10:29, 30.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel