Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie het die wette gemaak wat ons heelal beheer?
    Die Wagtoring — 2011 | Julie 1
    • Wat meer is, die idee dat die aarde op niks rus nie, laat nog ’n vraag ontstaan: Wat hou dit en ander hemelliggame op koers? Let op die fassinerende woorde wat God eenkeer tot Job gerig het: “Kan jy die bande van die Kima-sterrebeeld vasbind, of kan jy die toue van die Kesil-sterrebeeld losmaak?” (Job 38:31). Nag ná nag van sy lang lewe het Job daardie bekende sterreformasies sien opkom en ondergaan.c Maar waarom het hulle jaar ná jaar, dekade ná dekade dieselfde gelyk? Watter bande het daardie sterre, sowel as al die ander hemelliggame, in hulle relatiewe posisies gehou? Hierdie gedagte het ongetwyfeld by Job ontsag gewek.

      As die sterre eenvoudig aan hemelsfere vas was, sou daar geen behoefte aan sulke bande gewees het nie. Eers duisende jare later het wetenskaplikes meer geleer van die onsigbare “bande” of “toue” wat die hemelliggame in hulle lang, stadige dans deur die donker hemelruim aanmekaarhou. Isaac Newton en later Albert Einstein het beroemd geword vir hulle ontdekkings in hierdie veld. Job het natuurlik niks geweet van die kragte wat God gebruik om die hemelliggame aanmekaar te bind nie. Maar die geïnspireerde woorde in die boek Job het die toets van die tyd baie beter deurstaan as die idees van die geleerde Aristoteles. Wie anders as die Wetgewer kon sulke insig hê?

  • Wie het die wette gemaak wat ons heelal beheer?
    Die Wagtoring — 2011 | Julie 1
    • c Die “Kima-sterrebeeld” het moontlik na die Pleiades-sterregroep verwys. Die “Kesil-sterrebeeld” het waarskynlik na die Orion-sterrebeeld verwys. Dit neem tienduisende jare voordat sulke sterreformasies merkbaar verander.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel