-
Wat het God in gedagte vir ons?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
LES 25
Wat het God in gedagte vir ons?
Die Bybel sê dat mense se lewens “kort en vol probleme” is (Job 14:1). Is dit regtig die lewe wat God vir ons wil hê? As hy nie hierdie soort lewe vir ons wil hê nie, watter soort lewe wil hy dan vir ons hê? Sal ons ooit daardie lewe hê? Kyk na die Bybel se vertroostende antwoorde.
1. Watter soort lewe wil Jehovah vir ons hê?
Jehovah wil hê dat ons die beste lewe moontlik moet hê. Toe hy die eerste mense, Adam en Eva, gemaak het, het hy hulle in ’n pragtige paradys, die tuin van Eden, gesit. Toe het “God hulle geseën, en God het vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar en word baie, vul die aarde en bewerk dit’” (Genesis 1:28). Jehovah wou hê dat hulle kinders moes hê, die hele aarde ’n paradys moes maak en vir die diere moes sorg. Hy wou hê dat alle mense perfekte gesondheid moes hê en vir ewig moes lewe.
Al het dinge nie so uitgewerk nie,a wil God nog steeds daardie lewe vir ons hê (Jesaja 46:10, 11). Hy wil nog steeds hê dat gehoorsame mense vir ewig in perfekte toestande moet lewe. – Lees Openbaring 21:3, 4.
2. Hoe kan ons nou ’n gelukkige lewe geniet?
Ons “[het] God nodig”, want dis hoe hy ons gemaak het. Daarom het ons ’n begeerte om Jehovah te ken en hom te aanbid. (Lees Matteus 5:3-6.) Hy wil hê dat ons ’n sterk vriendskap met hom moet hê, “al sy weë [moet] volg, . . . hom lief [moet] hê” en hom “met [ons] hele hart” moet dien (Deuteronomium 10:12; Psalm 25:14). Wanneer ons dit doen, kan ons regtig gelukkig wees, al het ons probleme. Wanneer ons Jehovah aanbid, maak dit ons gelukkig omdat ons op die manier lewe waarop Jehovah wil hê ons moet lewe.
SOEK DIEPER
Leer oor die groot liefde wat Jehovah gewys het toe hy die aarde vir ons voorberei het en wat sy Woord sê oor die doel van die lewe.
3. Jehovah wil hê dat mense ’n wonderlike lewe moet hê
Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Hoekom het God ons pragtige planeet gemaak?
Lees Prediker 3:11, en bespreek dan hierdie vraag:
Wat leer dit jou oor Jehovah?
4. Jehovah het nie van gedagte verander nie
Lees Psalm 37:11, 29 en Jesaja 55:11, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe weet ons dat Jehovah nog steeds daardie wonderlike lewe vir ons in gedagte het?
’n Huis wat verwaarloos is, kan herstel word. Net so sal God die aarde, wat mense oor die algemeen verwaarloos het, herstel vir dié wat lief is vir hom
5. Wanneer ons Jehovah aanbid, gee dit ons ’n gelukkige lewe
As ons weet wat die doel van die lewe is, kan dit ons gelukkig maak. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Hoe het dit Terumi gehelp toe sy geleer het wat die doel van die lewe is?
Lees Prediker 12:13, en bespreek dan hierdie vraag:
Omdat Jehovah so baie vir ons gedoen het, wat moet ons doen om te wys dat ons dankbaar is?
IEMAND VRA DALK: “Wat is die doel van die lewe?”
Wat sal jy sê?
WAT ONS GELEER HET
Jehovah wil hê dat ons die lewe vir ewig op die aarde in perfekte toestande moet geniet. Wanneer ons hom met ons hele hart dien, kan ons ’n gelukkige lewe geniet – selfs nou.
Hersiening
Wat het Jehovah oorspronklik vir Adam en Eva in gedagte gehad?
Hoe weet ons dat God nog steeds ’n wonderlike lewe vir mense in gedagte het?
Hoe kan jy ’n gelukkige lewe hê waarmee jy regtig tevrede is?
LEER MEER
Leer hoekom ons seker kan wees dat die tuin van Eden regtig bestaan het.
“Die tuin van Eden—’n Mite of ’n feit?” (Die Wagtoring, 1 Januarie 2011)
Kyk hoekom ons seker kan wees dat die aarde vir ewig sal bestaan.
Leer wat die Bybel sê oor hoe om ’n gelukkige lewe te vind.
Kyk hoe ’n man wat gedink het dat hy alles het, uitgevind het wat hy nodig het in sy lewe.
a In die volgende les sal jy leer wat fout gegaan het.
-
-
Wat is God se Koninkryk?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
2. Wie regeer saam met Jesus?
Jesus regeer nie alleen nie. Mense uit “elke stam en taal en volk en nasie . . . sal as konings oor die aarde regeer” (Openbaring 5:9, 10). Hoeveel sal saam met Christus regeer? Vandat Jesus aarde toe gekom het, het miljoene Christene sy volgelinge geword. Maar net 144 000 van hulle gaan hemel toe om saam met Jesus te regeer. (Lees Openbaring 14:1-4.) Alle ander Christene op die aarde sal burgers van die Koninkryk word. – Psalm 37:29.
-
-
Wat die Koninkryk sal doenGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
Wat die Koninkryk sal doen
God se Koninkryk regeer alreeds. Binnekort sal dit groot veranderinge op die aarde maak. Kom ons kyk na party van die goeie dinge waarna jy kan uitsien onder God se Koninkryk.
1. Hoe sal God se Koninkryk sorg dat daar weer vrede en regverdigheid op die aarde is?
Jesus, die Koning van God se Koninkryk, sal slegte mense en regerings by die oorlog van Armageddon vernietig (Openbaring 16:14, 16). Teen daardie tyd sou die volgende belofte in die Bybel al heeltemal waar geword het: “Nog net ’n klein rukkie en die goddeloses sal nie meer bestaan nie” (Psalm 37:10). Deur middel van die Koninkryk sal Jesus seker maak dat daar vrede en regverdigheid op die hele aarde is. – Lees Jesaja 11:4.
2. Hoe sal die lewe wees wanneer God se wil op die aarde gedoen word?
Wanneer God se Koninkryk regeer, sal “die regverdiges . . . die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe” (Psalm 37:29). Verbeel jou jy lewe in ’n wêreld waar daar net goeie mense is wat almal lief is vir Jehovah en vir mekaar! Niemand sal siek word nie, en almal sal vir ewig lewe.
3. Wat sal God se Koninkryk doen nadat slegte mense vernietig is?
Nadat slegte mense vernietig is, sal Jesus vir 1 000 jaar as Koning regeer. Gedurende daardie tyd sal hy en die 144 000 wat saam met hom sal regeer, mense op die aarde help om volmaak te word. Aan die einde van die 1 000 jaar sal die hele aarde ’n pragtige paradys wees, en alle mense sal gelukkig wees omdat hulle aan Jehovah se wette gehoorsaam is. Jesus sal dan die Koninkryk teruggee aan sy Vader, Jehovah. Jehovah se “naam [sal] geheilig word” soos nog nooit tevore nie (Matteus 6:9, 10). Teen daardie tyd sal daar genoeg bewyse wees dat Jehovah ’n goeie Heerser is wat omgee vir die mense oor wie hy regeer. Dan sal Jehovah Satan en die demone vernietig, en enige iemand anders wat kies om teen Sy heerskappy te rebelleer (Openbaring 20:7-10). Die perfekte toestande wat deur God se Koninkryk moontlik gemaak sal word, sal vir ewig daar wees.
SOEK DIEPER
Kyk hoekom ons kan vertrou dat God die Koninkryk sal gebruik om al die Bybel se beloftes vir ons toekoms te laat waar word.
4. God se Koninkryk sal menseregerings vernietig
“Die mens [heers] oor die mens . . . tot sy nadeel” (Prediker 8:9). Jehovah sal sy Koninkryk gebruik om ’n einde te maak aan die slegte dinge wat deur onregverdigheid veroorsaak is.
Lees Daniël 2:44 en 2 Tessalonisense 1:6-8, en bespreek dan hierdie vrae:
Wat sal Jehovah en sy Seun, Jesus, met menseregerings en hulle ondersteuners doen?
Hoe verseker die dinge wat jy oor Jehovah en Jesus geleer het jou dat hulle regverdig sal optree?
5. Jesus is die beste Koning
As Koning van God se Koninkryk, sal Jesus mense op die aarde op baie maniere help. Speel die VIDEO om te sien hoe Jesus alreeds gewys het dat hy mense wil help en dat God hom die krag gegee het om dit te doen.
Die dinge wat Jesus gedoen het toe hy op die aarde was, het gewys wat die Koninkryk in die toekoms sal doen. Na watter van die seëninge wat hier genoem word, sien jy veral uit? Om meer oor hierdie seëninge te leer, lees die tekste langs die seëninge.
TERWYL JESUS OP DIE AARDE WAS, HET HY . . .
VANUIT DIE HEMEL SAL JESUS . . .
die weer beheer. – Markus 4:36-41.
die aarde se omgewingsprobleme oplos. – Jesaja 35:1, 2.
duisende mense deur middel van wonderwerke kos gegee. – Matteus 14:17-21.
hongersnood regoor die wêreld wegneem. – Psalm 72:16.
baie mense gesond gemaak. – Lukas 18:35-43.
seker maak dat almal perfekte gesondheid het. – Jesaja 33:24.
mense weer lewend gemaak. – Lukas 8:49-55.
die dooies opwek en die dood wegneem. – Openbaring 21:3, 4.
6. God se Koninkryk sal ’n wonderlike toekoms bring
Die Koninkryk sal mense die wonderlike lewe gee wat Jehovah nog altyd vir hulle wou hê. Hulle sal vir ewig op ’n paradysaarde lewe. Speel die VIDEO om te sien hoe Jehovah sy Seun, Jesus, gebruik om Sy doel vir die mensdom te bereik.
Lees Psalm 145:16, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe laat dit jou voel om te weet dat Jehovah “die begeerte van alles wat lewe [sal bevredig]”?
PARTY MENSE SÊ: “As ons almal saamwerk, kan ons die wêreld se probleme oplos.”
Watter probleme sal God se Koninkryk oplos wat menseregerings nie kan oplos nie?
WAT ONS GELEER HET
God se Koninkryk sal sy doel bereik. Dit sal die aarde in ’n wêreldwye paradys verander vol goeie mense wat Jehovah vir ewig sal aanbid.
Hersiening
Hoe sal God se Koninkryk Jehovah se naam heilig?
Hoekom kan ons glo dat God se Koninkryk die Bybel se beloftes sal laat waar word?
Van al die goeie dinge wat die Koninkryk sal bring, na watter een sien jy die meeste uit?
LEER MEER
Vind uit wat Armageddon is.
Kyk na die gebeure wat sal plaasvind gedurende wat Jesus die “groot verdrukking” genoem het. – Matteus 24:21.
Kyk hoe families hulle kan verbeel hoe die lewe in die Paradys sal wees.
Lees die artikel “Daar was baie vrae wat my gekwel het” en leer hoe ’n politieke rebel die oplossings gekry het waarna hy gesoek het.
“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 Januarie 2012)
-