Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wag op Jehovah
    Die Wagtoring – 1986 | Oktober 15
    • Lees Psalm 58 tot 64. Uit besorgdheid oor ongeregtigheid het Dawid gebid dat God die goddelose moet vergeld (Psalm 58, 59). Toe hy met ’n neerlaag bedreig is, het hy gesmeek om gered te word en was hy seker dat God die teenstanders sou vertrap (Psalm 60). Jehovah was reeds ’n toevlug vir Dawid; daarom sou hy stil op verlossing wag (Psalm 61, 62). Toe Dawid gedwing was om na die woestyn te vlug, moontlik toe Absalom in opstand gekom het, het hy vreugde gevind ‘in die skaduwee van God se vleuels’ (Psalm 63). Die psalmis het ook gebid om beskerming teen “die werkers van ongeregtigheid” en was seker dat die regverdige skuiling by Jehovah sou vind.​—Psalm 64.

  • Wag op Jehovah
    Die Wagtoring – 1986 | Oktober 15
    • Les vir ons: Dawid was tevrede om ‘in stilte’ op God te wag om ten behoewe van hom op te tree (Psalm 62:2-8). Omdat hy hom aan Jehovah se wil onderwerp het, het hy veilig gevoel en stille vertroue in God gekoester. As ons sulke vertroue in Jehovah stel, sal “die vrede van God” ons harte en sinne bewaar terwyl ons wag op goddelike verlossing van vyande en verdrukking.​—Filippense 4:6, 7; Psalm 33:20.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel