Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 5/8 bl. 32
  • “Daar’s miljoene daarin”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Daar’s miljoene daarin”
  • Ontwaak!—1992
Ontwaak!—1992
g92 5/8 bl. 32

“Daar’s miljoene daarin”

MILJOENE waarin? In die Crown-berg van Georgia waar daar reeds goud gevind is. Daar word vertel dat dr. Stephenson, ’n ykmeester van die Amerikaanse Munt, die woorde: “Daar’s miljoene daarin”, in 1849 vanaf die trappe van die Dahlonega-hofgebou in Georgia, VSA, uitgeroep het. Hoekom het hy daardie bewering gemaak? Toe die Kaliforniese goudstormloop van 1849 begin het, het die goudmynwerkers van Dahlonega en nabygeleë Auraria weswaarts begin trek op soek na meer goud. Maar die dokter het geglo dat daar nog goud in Noord-Georgia was. Daar is immers, volgens ’n historiese gedenkplaat, “tussen 1829 en 1839 ongeveer [R55 000 000] se goud in die Cherokee-gebied van Georgia ontgin”. Maar die aantrekkingskrag van die Weste was te groot; al wat vandag van ou Auraria oorbly, is die verspreide ruïnes van ’n eertydse myndorp.

’n Soortgelyke lot het die Empire-goudmyn in Grass Valley, Kalifornië, getref. Nadat 1,6 kilometer diep tonnels van altesaam 591 kilometer gegrawe is, is die myn in 1957 gesluit. Dit was nie meer winsgewend nie. Vandag is die myn ’n historiese staatspark.

Die mensdom word al duisende jare lank deur goud bekoor. Tog is goud se waarde kunsmatig en arbitrêr omdat dit volgens die grille van die effektebeurs en die internasionale goudmark verander. Daar is nietemin “goud” wat nooit in waarde verminder nie en geredelik beskikbaar is vir almal wat opreg daarna soek. Wat is dit? “Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand [“onderskeidingsvermoë”, NW] verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud” (Spreuke 3:13, 14). Ja, wysheid en onderskeidingsvermoë wat op kennis van die ware God en sy voorneme met die aarde gebaseer is, is duursamer as goud. As jy meer wil weet omtrent die God van die Bybel en die nuwe wêreld wat hy die gehoorsame mensdom beloof het, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in verbinding tree by ’n Koninkryksaal in jou omgewing, of jy kan aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf.—Sien adresse op bladsy 5.

[Prent op bladsy 32]

’n Verlate hotel in die ou goudmyndorp Auraria

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel