Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 3. Wat verwag Jehovah van sy vriende?

      Jehovah is lief vir alle mense, “maar hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe” (Spreuke 3:32). Jehovah verwag dat sy vriende moet probeer om dinge te doen wat hy sê goed is. Hy verwag ook dat hulle moet probeer om nie dinge te doen wat hy sê sleg is nie. Party mense voel dalk dat hulle nooit alles sal kan doen wat Jehovah wil hê hulle moet doen nie en dat hulle nie alle slegte dinge kan vermy nie. Maar Jehovah is genadig. Hy aanvaar enige iemand wat regtig lief is vir Hom en wat sy bes doen om Hom tevrede te stel. – Psalm 147:11; Handelinge 10:34, 35.

  • Wees eerlik in alles
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Wees eerlik in alles

      Almal wil vriende hê wat eerlik is. Jehovah verwag dat sy vriende ook eerlik moet wees. Maar dit is nie maklik in ’n wêreld waar baie mense oneerlik is nie. Hoe kan dit jou help as jy altyd eerlik is?

      1. Wat is die belangrikste rede om eerlik te wees?

      Wanneer ons eerlik met ander is, wys ons vir Jehovah dat ons lief is vir hom en hom respekteer. Dink hieraan: Jehovah weet alles wat ons dink en doen (Hebreërs 4:13). Hy sien wanneer ons kies om eerlik te wees, en hy waardeer dit. Sy Woord sê: “Jehovah haat mense wat bedrieglik is, maar hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe.” – Spreuke 3:32.

      2. Wat is ’n paar maniere hoe ons in ons daaglikse lewe eerlik kan wees?

      Jehovah wil hê dat ons “die waarheid met mekaar [moet praat]” (Sagaria 8:16, 17). Wat beteken dit? Of ons nou met ons familie, werksmaats, Christenbroers en -susters of regeringsamptenare praat, ons lieg nie en gee nie valse inligting nie. Eerlike mense steel nie van ander nie en bedrieg hulle ook nie. (Lees Spreuke 24:28 en Efesiërs 4:28.) En hulle betaal al die belasting wat hulle skuld (Romeine 13:5-7). Op hierdie en op ander maniere gedra ons ons “in alles eerlik”. – Hebreërs 13:18.

      3. Hoe help dit ons wanneer ons eerlik is?

      Wanneer ons die reputasie het dat ons eerlik is, vertrou ander ons. Ons help almal in die gemeente om veilig te voel, net soos in ’n liefdevolle gesin. Ons het ’n skoon gewete. Ons eerlikheid kan ook “die leringe van ons Redder, God, . . . versier” en veroorsaak dat ander Jehovah wil dien. – Titus 2:10.

      SOEK DIEPER

      Kyk hoe eerlikheid Jehovah affekteer en hoe dit jou affekteer. Leer ook hoe jy in verskillende situasies in die lewe eerlik kan wees.

      4. Eerlikheid maak Jehovah gelukkig

      Lees Psalm 44:21 en Maleagi 3:16, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoekom dink jy dat dit ’n slegte idee is om te dink dat ons die waarheid kan wegsteek?

      • Hoe dink jy voel Jehovah wanneer ons kies om die waarheid te praat, selfs wanneer dit moeilik is om dit te doen?

      ’n Kind praat met haar pa wat voor haar kniel. ’n Glas sap het geval en loop teen die kant van ’n lessenaar af.

      Wanneer kinders die waarheid praat, maak hulle hulle ouers gelukkig. Wanneer ons die waarheid praat, maak ons Jehovah gelukkig

      5. Wees altyd eerlik

      Baie mense glo dat jy nie altyd eerlik kan wees nie. Maar kyk hoekom ons altyd eerlik moet wees. Speel die VIDEO.

      VIDEO: Hoe kan ons meer vreugde hê? – ’n Skoon gewete (2:32)

      ’n Toneel uit die video ‘Hoe kan ons meer vreugde hê? – ’n Skoon gewete’. Nadat Ben vir sy baas vertel dat hy ’n duur fout gemaak het, skud hulle hande.

      Lees Hebreërs 13:18, en bespreek dan hoe ons eerlik kan wees . . . 

      • met ons familie.

      • by die werk of skool.

      • in ander situasies.

      6. Eerlikheid is goed vir ons

      Eerlikheid kan dalk ’n paar probleme veroorsaak. Maar dit is altyd die beste om eerlik te wees. Lees Psalm 34:12-16, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoe maak eerlikheid jou lewe beter?

      A. ’n Man en sy vrou gesels terwyl hulle saam koffie drink. B. ’n Motorwerktuigkundige word deur sy baas geprys in ’n werkswinkel. C. ’n Man in sy kar wys sy identiteitsdokument vir ’n polisieman.
      1. Eerlike mans en vrouens maak hulle huwelik sterker

      2. Eerlike werkers word deur hulle werkgewers vertrou

      3. Eerlike burgers kry ’n goeie reputasie by regeringsamptenare

      PARTY MENSE SÊ: “Party leuens is so klein dat dit nie saak maak nie.”

      • Hoekom glo jy dat Jehovah alle leuens haat?

      WAT ONS GELEER HET

      Jehovah wil hê dat sy vriende in alles wat hulle sê en doen, eerlik moet wees.

      Hersiening

      • Wat is ’n paar maniere hoe ons eerlik kan wees?

      • Hoekom is dit ’n slegte idee om te dink dat ons die waarheid kan wegsteek?

      • Hoekom wil jy altyd eerlik wees?

      Doelwit

      LEER MEER

      Hoe kan ouers hulle kinders leer om eerlik te wees?

      Wees eerlik (1:44)

      Hoekom is dit goed om te doen wat ons belowe het?

      Hou jou beloftes en word geseën (9:09)

      Kyk of ons belasting moet betaal, selfs al word dit misbruik.

      “Belasting—Moet jy dit betaal?” (Die Wagtoring, 1 September 2011)

      Wat het ’n oneerlike man gemotiveer om sy lewe te verander en om eerlike werk te doen?

      “Ek het geleer dat Jehovah barmhartig en vergewensgesind is” (Die Wagtoring, 1 Mei 2015)

  • Kies jou vriende wyslik
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 2. Hoe sal die vriende wat jy kies, Jehovah affekteer?

      Jehovah kies sy vriende versigtig. “Hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe” (Spreuke 3:32). Hoe sal Jehovah voel as ons vriende kies wat nie lief is vir hom nie? Hy sal baie teleurgesteld wees! (Lees Jakobus 4:4.) Maar Jehovah sal bly wees en sal ons as sy vriende kies as ons wegbly van slegte vriende en nader kom aan hom en aan dié wat lief is vir hom. – Psalm 15:1-4.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel