Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Vertroos my volk”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 12, 13. (a) Waarom kan die belofte van herstelling vertrou word? (b) Watter goeie nuus is daar vir die Joodse ballinge, en waarom kan hulle dit vertrou?

      12 Jesaja gee ’n tweede rede waarom die belofte van herstelling vertrou kan word. Die Een wat die belofte maak, is ’n sterk God wat met teerheid vir sy volk sorg. Jesaja sê verder: “Klim op ’n hoë berg, o vrou wat goeie nuus bring vir Sion. Verhef jou stem met krag, o vrou wat goeie nuus bring vir Jerusalem. Verhef dit. Moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: ‘Hier is julle God.’ Kyk! Die Soewereine Heer Jehovah sal kom as ’n sterke [“met krag”, voetnoot in naslaanuitgawe], en sy arm sal vir hom heers. Kyk! Sy beloning is by hom, en die loon wat hy betaal, is voor hom. Soos ’n herder sal hy sy kudde laat wei. Met sy arm sal hy die lammers bymekaarbring; en in sy boesem sal hy hulle dra. Dié wat soog, sal hy met sorg lei.”—Jesaja 40:9-11.

  • “Vertroos my volk”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • [Venster/Prent op bladsy 404, 405]

      Jehovah, ’n liefdevolle herder

      Jesaja vergelyk Jehovah met ’n liefdevolle herder wat sy lammetjies in sy boesem dra (Jesaja 40:10, 11). Jesaja baseer hierdie hartlike illustrasie klaarblyklik op iets wat herders werklik doen. ’n Hedendaagse waarnemer wat herders op die hange van die berg Hermon in die Midde-Ooste dopgehou het, sê: “Elke herder het sy kudde fyn dopgehou om te sien hoe hulle vaar. Wanneer hy ’n pasgebore lammetjie gevind het, het hy hom in die voue van sy . . . groot mantel gesit, want hy sou nie sterk genoeg wees om sy ma te volg nie. Wanneer sy boesem vol was, het hy lammers oor sy skouers gedra en hulle aan hulle pote vasgehou, of in ’n sak of mandjie oor die rug van ’n donkie, tot die kleintjies hulle moeders kon volg.” Is dit nie vertroostend om te weet dat ons ’n God dien wat sulke tere besorgdheid vir sy volk het nie?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel