Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Vertroos my volk”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 19, 20. Watter treffende beeldspraak gebruik Jesaja om Jehovah se grootsheid te beklemtoon?

      19 Wat van die magtige nasies van die aarde—kan hulle God teëstaan wanneer hy die woord van sy belofte wil vervul? Jesaja antwoord deur die nasies soos volg te beskryf: “Kyk! Die nasies is soos ’n druppel uit ’n emmer; en soos die stoflagie op die weegskaal is hulle gereken. Kyk! Hy lig die eilande op soos fyn stof. Selfs die Libanon is nie genoeg om ’n vuur aan die brand te hou nie, en sy wilde diere is nie genoeg vir ’n brandoffer nie. Al die nasies is voor hom soos iets wat nie bestaan nie; as niks en as ’n onwerklikheid is hulle by hom gereken.”—Jesaja 40:15-17.

      20 Vir Jehovah is hele nasies soos ’n druppel water wat uit ’n emmer val. Hulle is niks meer as die fyn stof op ’n skaal wat geen verskil maak nie.c Sê nou iemand bou ’n ontsaglike altaar en gebruik al die bome wat op die berge van die Libanon groei as brandhout daarop. Gestel dan dat hy al die diere wat in daardie berge woon as offers op daardie altaar bring. Selfs so ’n offer sal Jehovah nie waardig wees nie. Asof die beeldspraak wat hy tot dusver gebruik het nog nie genoeg is nie, gaan Jesaja selfs verder—al die nasies is “minder as niks” in Jehovah se oë.—Jesaja 40:17, Nuwe Afrikaanse Vertaling.

  • “Vertroos my volk”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • c The Expositor’s Bible Commentary sê: “In die handelsbedrywighede in Nabye-Oosterse markte is die ou klein waterdruppeltjie in die maatemmer of die stoffie op die skaal glad nie in ag geneem wanneer vleis of vrugte geweeg is nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel