Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hy het ’n les in barmhartigheid geleer
    Volg hulle geloof na
    • 8 Die koning het ook gunstig gereageer op Jona se boodskap. Hy is met godvrugtige vrees vervul en het van sy troon af opgestaan, sy weelderige staatskleed uitgetrek, dieselfde growwe klere as sy volk aangetrek en selfs “in die as gaan sit”. Tesame met sy “vername manne”, of adellikes, het hy ’n verordening uitgevaardig wat die vas verander het van ’n spontane optrede deur die volk in ’n amptelike opdrag deur die staat. Hy het beveel dat almal saklinne dra, selfs die mak diere.b Hy het nederig erken dat sy volk hulle skuldig gemaak het aan slegtheid en gewelddadigheid. Die koning het die hoop uitgespreek dat die ware God barmhartig sou wees wanneer Hy hulle berou sien en het gesê: “Wie weet of [God] hom van sy brandende toorn sal afwend, sodat ons nie vergaan nie.”—Jona 3:6-9.

  • Hy het ’n les in barmhartigheid geleer
    Volg hulle geloof na
    • b Dit klink dalk vreemd, maar dit was nie ongehoord in die ou tyd nie. Die Griekse geskiedskrywer Herodotus het gesê dat die eertydse Perse oor die dood van ’n gewilde generaal getreur het deur hulle vee by die rougebruike in te sluit.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel