Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 12/1 bl. 4-7
  • Godsdienstradisies en die Bybel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godsdienstradisies en die Bybel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Bevry van skadelike tradisies
  • Godsdienstradisies—Word God in waarheid aanbid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wanneer oorlewering met die waarheid bots
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Moet oorlewering met die waarheid bots?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 12/1 bl. 4-7

Godsdienstradisies en die Bybel

‘Julle maak die woord van God kragteloos deur julle oorlewering.’ Dit was niemand anders as Jesus Christus wat dit gesê het nie (Markus 7:13). Soos talle mense vandag het die Jode in Jesus se dag getrou vasgehou aan ’n ingewikkelde patroon van leringe en gebruike. En soos talle hedendaagse geestelikes het hulle godsdiensleiers hierdie tradisies belangriker as die Bybel beskou.

Ter toeligting: God se Woord het uitdruklik beveel dat kinders hulle ouers moet eer (Exodus 20:12). Dit het vanselfsprekend hulp ingesluit aan ouers wat in ’n finansiële verknorsing beland het. Maar ’n Joodse tradisie het ontstaan wat ’n gerieflike manier voorsien het om hierdie Bybelse verpligting te ontduik. ’n Selfsugtige persoon moes bloot plegtig belowe dat sy persoonlike eiendom later aan die tempel geskenk sal word en die eiendom opsysit deur dit as “korban” te verklaar. Hierdie woord beteken “’n gawe wat aan God opgedra is”. Hoewel die Joodse aanbidder klaarblyklik vry was om steeds hierdie korban vir sy eie gewin te gebruik, kon hy sy ouers dit vroom ontsê.—Markus 7:9-12, vgl. NW.

Jesus het hierdie en ander Joodse ‘heilige tradisies’ egter veroordeel en gesê: “Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.”—Mattheüs 15:3-9.

Kan ’n Christen werklik, met die oog op wat Jesus gesê het, enige godsdienstradisie met die Bybel gelykstel? Nouliks. Dit is vir ’n Christen belangrik dat ’n gebruik met God se Woord moet strook, ongeag hoeveel sentiment of emosie daarin opgesluit is. Beskou ter toeligting sommige tradisionele godsdiensdade wat beskryf word in die Katolieke boek Liturgy—An Elementary Course, deur Maria A. Lombillo Clark, T.D. Hoe vergelyk hierdie tradisies met wat die Bybel sê?

[Venster]

LITURGIE GOD SE WOORD

“Ons aanbidding van God word deur “My kinders, bewaar

julleself

godsdiensdade geopenbaar.” van die afgode.”—1 Johannes 5:21.

“God is Gees; en die wat Hom aanbid,

moet in gees en waarheid aanbid.”—Johannes 4:24.

“Ons wandel deur geloofen nie

deur aanskouing nie.”—2 Korinthiërs 5:7.

“Ek is [Jehovah], dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee,

of ook my lof aan die gesnede beelde

nie.”—Jesaja 42:8, vgl. NW.

“Ons moet godsdiensdade vir die “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of

Allerheiligste Maagd Maria, vir enige gelykenis maak van wat bo in

die engele en vir die heiliges die hemel is, of van wat onder op

verrig. Maar [sulke] godsdiensdade die aarde is [nie] . . . Jy mag

van verering . . . gaan jou voor hulle nie neerbuig en

uiteindelik aan God, net soos ’n hulle nie dien nie.”—Exodus 20:4, 5.

koning geëer word wanneer sy ministers eer ontvang.” “Ek, Johannes . . . het . . .

neergeval om te aanbid voor die

voete van die engel . . . Toe sê hy

vir my: Moenie! . . . Aanbid

God.”—Openbaring 22:8, 9.

“Daar is een God en een Middelaar

tussen God en die mense, die mens

Christus Jesus:’—1 Timotheüs 2:5.

“Die Kruis is onontbeerlik op “Die God wat die wêreld gemaak het

die altaar; daarsonder kan die en alles wat daarin is, Hy wat

Heilige Mis nie opgedra word nie. Here van hemel en aarde is, woon nie

Drie altaarklede, twee kandelare in tempels met hande gemaak nie.”

en die gewyde hostie is ook nodig.” —Handelinge 17:24.

“Omdat ons nie let op die sigbare

dinge nie, maar op die onsigbare.”

—2 Korinthiërs 4:18.

“1 November . . . die viering “Die dode en almal wat na die

van Allersieledag. Dit is die stilte neerdaal, sal die HERE nie

Heilige Dag van al die siele loof nie.”-Psalm 115:17.

wat gelukkig in die hemel woon, “Die dooies weet glad niks nie.”

en waar ons eendag sal wees.” —Prediker 9:5.

“Elke siel wat nie na dié Profeet

luister nie, sal uit die volk

uitgeroei word.”—Handelinge 3:23.

“Ten behoewe van hierdie siele “Daar is geen werk of oorleg of

het [die Kerk] op 2 November die kennis of wysheid in die doderyk

‘Herdenking van die getroue waar jy heengaan nie.”

afgestorwenes’ ingestel. Op —Prediker 9:10.

hierdie dag dra die priesters die “Vertrou nie op . . . die mensekind

Mis drie keer op om die foltering [nie.] . . . Hy keer terug na sy

van hierdie geseënde siele in die aarde toe; op daardie dag is dit

vaevuur te verlig en om hulle met sy planne gedaan.”

toegang tot die hemel te verhaas.” —Psalm 146:2-4.

“Die Katolieke leerstelling oor die

vaevuur berus op stuk van sake op

tradisie, nie op die Heilige Skrif

nie.”—New Catholic Encyclopedia,

Deel 11, bladsy 1034.

Bevry van skadelike tradisies

Talle gewilde godsdienstradisies dra derhalwe nie God se goedkeuring weg nie en is dus skadelik. Maar dit is interessant dat die apostel Paulus geskryf het: “Ek prys julle . . . dat julle in alles . . . aan die leringe [“tradisies”, NW] vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het” (1 Korinthiërs 11:2). Hierdie tradisies was egter heilsame, nuttige gebruike wat op God se Woord gebaseer was—nie leë, mensgemaakte rituele nie. Dit het die “ydele lewenswandel wat . . . oorgelewer is” en wat deur talle in die eerste eeu beoefen is voordat hulle Christene geword het, vervang.—1 Petrus 1:18.

’n Godvresende persoon moet vandag eweneens ondersoek instel en enige tradisie wat onskriftuurlik is, verwerp. ’n Mens se verhouding met God is gewis baie waardevoller as enige mensgemaakte aanbiddingsvorm! Dit is natuurlik nie maklik om onskriftuurlike tradisies te verwerp nie. Dit vereis dikwels dat ’n mens langgevestigde gedragspatrone verander. Een jong man in Colombia het godsdienstradisie nougeset gevolg. Hy het van kleins af ’n brandende begeerte gehad om ’n Katolieke priester te word. Hy het dikwels saam met sy susters gespeel dat hy ‘die Mis lees’ en het selfs hulle “belydenisse” aangehoor. Jare later is hy tot ’n preseminarie-skool toegelaat en het hy hom uiteindelik by ’n Katolieke universiteit ingeskryf. Daar is godsdienstradisies nog dieper by hom ingeskerp.

Eendag het een van Jehovah se Getuies sy huis besoek. Hoewel sy ouers die Getuie skaars toegelaat het om iets te sê, het die bietjie wat gesê is hierdie godsdienstige jeugdige beïndruk. Later het hy gereël om die Bybel in die geheim saam met hierdie Getuie te bestudeer. “My opregte begeerte”, sê hy, “was om die Bybel uit ’n ander oogpunt te leer ken sonder om my godsdiens te verander. Ek het ’n intense begeerte gehad om God as ’n priester te dien en om te probeer om veranderinge in mense se harte teweeg te bring. Nadat ek die Bybel ’n maand lank bestudeer het, het ek ’n innerlike tweestryd ervaar, aangesien die tradisies en ritusse van my godsdiens strydig met die suiwer standaarde van die Skrif was.”

Sy gesin het druk op hom uitgeoefen om sy studie van die Bybel te staak, en hy is uiteindelik gedwing om die huis te verlaat. Nogtans sê hy: “Na twee maande van Bybelstudie was ek daarvan oortuig dat ek heeltemal verkeerd was, en ek het die universiteit verlaat, my werk as ’n onderwyser by ’n godsdienskollege opgesê en my daarop toegelê om van huis tot huis te preek. Ek het besonder gelukkig gevoel op daardie onvergeetlike dag toe ek my toewyding aan Jehovah gesimboliseer het deur doop.” Hierdie jong man dien nou voltyds om ander te help om hulle van Godonterende tradisies te bevry.

As jy ’n vurige aanhanger van godsdienstradisie is, sal jy dalk ook vind dat dit nodig is om veranderinge aan te bring. Dink weer aan wat Jesus eenkeer vir die Samaritaanse vrou by die put gesê het. Sy en haar volk het die eeue-oue gewoonte gehad om God op die berg Gerisim te aanbid. Jesus het egter vir haar getoon dat dit ’n waardelose tradisie was en gesê: “Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. . . . Die ware aanbidders [sal] die Vader in gees en waarheid . . . aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid.”—Johannes 4:19-23.

Is jy iemand na wie “die Vader soek”? Het jy ’n brandende begeerte om God in waarheid te aanbid? Dan is die apostel Paulus se waarskuwing in Kolossense 2:8 (NAV) uiters gepas: “Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense.” Volg eerder die leerstellinge van die ware Christelike godsdiens, wat die ewige lewe vir jou tot gevolg kan hê!—Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel