Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Werkers in die wingerd
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 15
    • Die simboliese werkdag eindig uiteindelik met die dood van Jesus, en die tyd breek aan om die werkers te betaal. Die ongewone reël om die laastes eerste te betaal word gevolg, soos verduidelik word: “Toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ’n penning ontvang. Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang. En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het. Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie? Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou. Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?” Ten slotte herhaal Jesus ’n gedagte waarop hy vroeër die aandag gevestig het, en sê: “So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste.”

  • Werkers in die wingerd
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 15
    • Die wat eerste gehuur is, het spoedig gemerk dat Jesus se dissipels betaal is en het gesien dat hulle die simboliese penning gebruik. Maar hulle wou meer as heilige gees en die gepaardgaande Koninkryksvoorregte hê. Hulle murmurering en besware was in die vorm van vervolging van Christus se dissipels, die ‘laaste’ werkers in die wingerd.

      Is daardie eerste-eeuse vervulling die enigste vervulling van Jesus se illustrasie? Nee, die geestelikes van die Christendom in hierdie 20ste eeu was, op grond van hulle ampte en verantwoordelikhede, die “eerstes” wat vir werk in God se simboliese wingerd gehuur is. Hulle het toegewyde predikers wat aan die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap verbonde was, as “die laastes” beskou wat ’n geldige toewysing in God se diens kan hê. Maar dit is trouens juis hierdie persone wat deur die geestelikes verag is wat die penning ontvang het—die voorreg om as gesalfde ambassadeurs van God se hemelse Koninkryk te dien. Mattheüs 19:30–20:16.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel