Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Watter toekoms vir die skape en die bokke?
    Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
    • 4. Wat word aan die begin van die gelykenis van die skape en die bokke omtrent Jesus gesê, en wie anders speel ’n rol?

      4 Jesus begin die gelykenis deur te sê: “Wanneer die Seun van die mens . . . kom.” Jy weet waarskynlik wie “die Seun van die mens” is. Die Evangelieskrywers het daardie uitdrukking dikwels op Jesus toegepas. Jesus self het dit ook gedoen; ongetwyfeld met Daniël se visioen in gedagte van ‘Een soos die Seun van ’n mens’ wat na die Oue van dae gekom het om “heerskappy en eer en koningskap” te ontvang (Daniël 7:13, 14; Matteus 26:63, 64; Markus 14:61, 62). Hoewel Jesus die vernaamste persoon in hierdie gelykenis is, is hy nie alleen nie. Vroeër in hierdie bespreking, soos ons in Matteus 24:30, 31 kan lees, het hy gesê dat sy engele ’n belangrike rol sal speel wanneer die Seun van die mens ‘met krag en groot heerlikheid kom’. Die gelykenis van die skape en die bokke toon eweneens dat engele saam met Jesus is wanneer hy “op sy heerlike troon gaan sit” om te oordeel. (Vergelyk Matteus 16:27.) Maar die Regter en sy engele is in die hemel; word mense dus in die gelykenis bespreek?

  • Watter toekoms vir die skape en die bokke?
    Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
    • Engele saam met hom Engele kom saam met hom

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel