Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Doen dit tot my gedagtenis’
    Die Wagtoring — 2013 | Desember 15
    • 9. Watter verkeerde beskouing het party van die brood wat Jesus gebruik het?

      9 Party kerkgangers wys daarop dat Jesus in werklikheid gesê het: ‘Dit is my liggaam’, en daarom glo hulle dat die brood op wonderdadige wyse in sy letterlike vlees verander het. Maar dit strook nie met die feite nie.a Aangesien Jesus by die getroue apostels was, was sy liggaam sowel as die ongesuurde brood waarvan hulle sou eet, daar voor hulle. Dit is dus duidelik dat Jesus se woorde simbolies was, soos in baie ander gevalle.—Joh. 2:19-21; 4:13, 14; 10:7; 15:1.

      10. Wat word voorgestel deur die brood wat gedurende die Here se Aandmaal gebruik word?

      10 Die brood wat die apostels kon sien en sou eet, het Jesus se liggaam beteken. Watter liggaam? God se knegte het eens geglo dat die feit dat Jesus die brood gebreek het maar dat nie een van sy bene gebreek is nie, beteken dat die brood “die liggaam van die Christus”, die gemeente van gesalfdes, voorstel (Ef. 4:12; Rom. 12:4, 5; 1 Kor. 10:16, 17; 12:27). Ná verloop van tyd het hulle egter besef dat die Skrif en alle logiese redenasies daarop dui dat die brood Jesus se menseliggaam, wat vir hom voorberei is, voorstel. Jesus het “in die vlees gely”, en is selfs aan die paal gehang. Tydens die Here se Aandmaal word die fisiese liggaam waarin Jesus ‘ons sondes gedra’ het, dus deur die brood voorgestel.—1 Pet. 2:21-24; 4:1; Joh. 19:33-36; Heb. 10:5-7.

  • ‘Doen dit tot my gedagtenis’
    Die Wagtoring — 2013 | Desember 15
    • 15, 16. Wat word gedurende die Here se Aandmaal met die brood gedoen?

      15 Na aan die einde van hierdie bespreking sal die spreker aandui dat die tyd aangebreek het om te doen wat Jesus vir sy apostels gesê het om te doen. Soos bo gemeld word, sal twee embleme gebruik word, ongesuurde brood en rooiwyn. Dit sal heel moontlik op ’n tafel naby die spreker wees. Hy sal die aandag vestig op ’n Bybelverslag wat beskryf wat Jesus gesê en gedoen het toe hy hierdie geleentheid ingestel het. In Matteus se verslag lees ons byvoorbeeld: “Jesus [het] ’n brood geneem, en nadat hy ’n seën gevra het, het hy dit gebreek en dit vir die dissipels gegee en gesê: ‘Neem, eet. Dit beteken my liggaam’” (Matt. 26:26). Jesus het die ongesuurde brood gebreek sodat hy vir die apostels aan albei kante van hom daarvan kon gee. By die vergadering wat op 14 April gehou sal word, sal jy borde met ongesuurde brood sien wat reeds in stukke gebreek is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel