Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w20 Maart bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Polisiebeskerming—Hoop en vrese
    Ontwaak!—2002
  • ‘Hulle het die Sanhedrin bymekaargeroep’
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Die polisie—Waarom is hulle nodig?
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
w20 Maart bl. 31
Godsdiensteenstanders gee die Joodse tempelpolisie die opdrag om twee manne te arresteer.

Vrae van lesers

Wie was die Joodse tempelpolisie, en wat moes hulle doen?

Party Leviete wat nie priesters was nie, het ander werk gehad om te doen soos om as polisiemanne te dien. Die hoofman van die tempel het vir hulle opdragte gegee. Die Joodse skrywer Filo het gesê wat hierdie polisiemanne gedoen het: “Party van hierdie [Leviete] het by die ingang van die tempelpoorte gestaan en het as poortwagters gedien. En party het in [die tempel area] voor die heiligdom gestaan om te keer dat enige persone in die heiligdom ingaan wat nie daar moet wees nie. En ander het beurte gemaak om rondom die tempel te loop om dit dag en nag te beskerm.”

Die Sanhedrin kon die tempelpolisiemanne vra om hulle te help. Dit was die enigste Joodse groep wat deur die Romeine toegelaat was om wapens te dra.

Die Bybelgeleerde Joachim Jeremias verduidelik dat toe Jesus gearresteer is, het hy vir hulle gevra hoekom hulle hom nie gearresteer het toe hy in die tempel was en ander geleer het nie (Matt. 26:55). Jesus sou dit nie gevra het as die manne wat hom gearresteer het nie deel van die tempelpolisie was nie. Dieselfde skrywer glo dat die manne wat vroeër gestuur is om Jesus te arresteer, ook deel van die tempelpolisie was (Joh. 7:32, 45, 46). Later het die Sanhedrin die tempelhoof en polisiemanne gestuur om die apostels na hulle toe te bring. Dit is heel moontlik ook die tempelpolisie wat die apostel Paulus uit die tempel uitgesleep het. – Hand. 4:1-3; 5:17-27; 21:27-30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel