-
Hoe moet ons tot God bid?Ontwaak! – 2012 | Februarie
-
-
Jesus het gesê: “Julle moet dan só bid: ‘Ons Vader in die hemele, laat u naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons brood vir hierdie dag; en vergewe ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe het. En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.’”—Matteus 6:9-13.
-
-
Hoe moet ons tot God bid?Ontwaak! – 2012 | Februarie
-
-
“Laat u koninkryk kom.” God se Koninkryk is ’n koninklike regering waarvan Jesus Christus die Koning is. Hy sal binnekort volle beheer oor die hele aarde oorneem. “Aan hom is heerskappy en waardigheid en ’n koninkryk gegee”, sê Daniël 7:14. God se Koninkryk sal “kom” wanneer dit in menseaangeleenthede ingryp deur alle heerskappye wat daarteen gekant is, te verbrysel en volkome beheer oor die aarde oor te neem.—Daniël 2:44.
“Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.” Onder Koninkryksheerskappy sal die mensdom hulle aan God se wil onderwerp. Gevolglik sal ware vrede heers en sal alle mense God in waarheid aanbid. Politiek, wat verdeeldheid veroorsaak, en valse godsdiens sal iets van die verlede wees. In figuurlike sin sal “die tent van God . . . by die mensdom” wees, sê Openbaring 21:3, 4, “en hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”
-