-
Vind ware sukses in die leweDie Wagtoring — 2012 | Desember 15
-
-
13. Watter raad het Jesus oor die opgaar van skatte gegee?
13 Jesus het oor skatte gesê: “Hou op om vir julle skatte op die aarde op te gaar, waar mot en roes verteer en waar diewe inbreek en steel. Gaar eerder vir julle skatte in die hemel op, waar nie mot of roes verteer nie en waar diewe nie inbreek en steel nie. Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”—Matt. 6:19-21.
-
-
Vind ware sukses in die leweDie Wagtoring — 2012 | Desember 15
-
-
15. Watter soort sukses moet ons nastreef?
15 Party godsdiensleiers preek dat dit verkeerd is om sukses na te streef en dat alle pogings om dit te behaal, onderdruk moet word. Maar let daarop dat Jesus nie al sulke pogings veroordeel het nie. Hy het sy dissipels eerder vermaan om hulle pogings op iets anders toe te spits, om onverganklike “skatte in die hemel” op te gaar. Ons grootste begeerte moet wees om daarna te streef om in Jehovah se oë suksesvol te wees. Ja, Jesus se woorde herinner ons dat ons kan kies wat ons wil nastreef. Maar die feit is: Ons sal nastreef wat in ons hart is, wat vir ons waardevol is.
16. Waarin kan ons die volle vertroue hê?
16 As dit ons hartsbegeerte is om Jehovah te behaag, kan ons die vertroue hê dat hy ons die dinge sal gee wat ons nodig het. Hy sal dalk toelaat dat ons tydelik honger of dors ly, soos die apostel Paulus (1 Kor. 4:11). Maar ons kan die volle vertroue hê in Jesus se wyse raad: “Moet julle . . . nooit kwel en sê: ‘Wat gaan ons eet?’ of: ‘Wat gaan ons drink?’ of: ‘Wat gaan ons aantrek?’ nie. Want al hierdie dinge jaag die nasies gretig na. Want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Hou dan aan om eers die koninkryk en sy regverdigheid te soek, en al hierdie ander dinge sal vir julle bygevoeg word.”—Matt. 6:31-33.
-