-
Vertrou ten volle op Jehovah in tye van benoudheidDie Wagtoring – 2003 | September 1
-
-
7, 8. (a) Hoe het Jesus getoon dat hy bewus is van onvolmaakte mense se neiging om hulle te veel oor materiële dinge te bekommer? (Sien ook voetnoot.) (b) Watter wyse raad het Jesus gegee oor hoe ons onnodige sorge kan vermy?
7 In die Bergpredikasie het Jesus gemaan: “Hou op om julle te kwel oor julle siel, oor wat julle sal eet of wat julle sal drink, of oor julle liggaam, oor wat julle sal dra” (Matteus 6:25).b Jesus het geweet dat onvolmaakte mense van nature besorg is oor hulle basiese benodigdhede. Maar hoe kan ons ‘ophou om ons te kwel’ oor hierdie dinge? “Hou . . . aan om eers die koninkryk te soek”, het Jesus gesê. Ongeag voor watter probleme ons te staan kom, ons moet voortgaan om Jehovah se aanbidding eerste te stel in ons lewe. As ons dit doen, sal al ons daaglikse benodigdhede deur ons hemelse Vader “bygevoeg word”. Op die een of ander manier sal hy dit vir ons moontlik maak om voort te gaan.—Matteus 6:33.
-
-
Vertrou ten volle op Jehovah in tye van benoudheidDie Wagtoring – 2003 | September 1
-
-
b Die sorge wat hier beskryf word, is blykbaar ’n “vrees weens bekommernis, wat al die vreugde uit die lewe neem”. Sommige vertalings sê “moet julle nie kwel nie” of “moenie bekommerd wees nie”. Maar hierdie vertalings gee te kenne dat ons ons nie moet begin kwel of bekommer nie. Een naslaanwerk sê: “Die Griekse werkwoord is in die teenswoordige tyd en gebiedend, wat ’n bevel impliseer om ’n handeling wat reeds aan die gang is, te staak.”
-