Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lff les 37
  • Wat die Bybel sê oor werk en geld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat die Bybel sê oor werk en geld
  • Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Is geld die wortel van alle kwaad?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • ’n Gebalanseerde beskouing van geld
    Ontwaak!—2015
  • Geld
    Ontwaak!—2014
  • Hoe kan die Bybel jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
lff les 37
Les 37. ’n Skrynwerker kap ’n spyker in hout in.

LES 37

Wat die Bybel sê oor werk en geld

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Was jy al ooit bekommerd oor werk of geld? Dit kan moeilik wees om te sorg dat ons alles het wat ons nodig het en ook om vir Jehovah die aanbidding te gee wat hy verdien. Die Bybel gee goeie raad wat ons kan help.

1. Wat sê die Bybel oor werk?

God wil hê dat ons ons werk moet geniet. Die Bybel sê: “Daar is niks beters vir ’n mens as om . . . sy harde werk te geniet nie” (Prediker 2:24). Jehovah werk hard. Wanneer ons hom navolg deur hard te werk, maak ons hom gelukkig en voel ons goed oor onsself.

Werk is belangrik. Maar ons moet nooit toelaat dat dit belangriker word as ons aanbidding van Jehovah nie (Johannes 6:27). Hy belowe dat hy vir ons sal gee wat ons nodig het om te lewe as ons hom eerste stel.

2. Wat is die regte beskouing van geld?

Al sê die Bybel dat “geld ’n beskerming is,” waarsku dit ook dat geld nie die enigste ding is wat ons gelukkig kan maak nie (Prediker 7:12). Daarom word ons aangemoedig om nie lief te wees vir geld nie, maar om “tevrede [te wees] met die dinge wat [ons] nou het”. (Lees Hebreërs 13:5.) Wanneer ons tevrede is met wat ons het, sal ons nie gefrustreerd wees omdat ons dink dat ons nooit genoeg het nie. Ons maak nie onnodige skuld nie (Spreuke 22:7). En ons vermy die gevare wat daar is wanneer ’n persoon dobbel en by vinnig-ryk-word-skemas betrokke raak.

3. Hoe kan ons vrygewig met ons geld wees?

Jehovah is ’n vrygewige God, en ons volg hom na wanneer ons “vrygewig [is], bereid [is] om te deel” (1 Timoteus 6:18). Ons kan vrygewig wees met ons geld deur die gemeente te ondersteun en deur ander te help wat hulp nodig het, veral ons broers en susters. Jehovah stel die meeste belang in hoekom ons gee, nie in hoeveel ons gee nie. Wanneer ons vrygewig is en uit die hart uit gee, sal ons gelukkig wees en sal ons Jehovah gelukkig maak. – Lees Handelinge 20:35.

SOEK DIEPER

Kyk hoe dit ons kan help as ons werk op die regte plek hou en tevrede is.

4. Eer Jehovah deur die manier waarop jy werk

Ons vriendskap met Jehovah moet ’n invloed hê op hoe ons oor werk voel. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

VIDEO: Doen alles met hart en siel vir Jehovah (4:39)

  • Wat het vir jou uitgestaan omtrent Jason se gesindheid en gedrag by sy werk?

  • Wat het hy gedoen om werk op die regte plek te hou?

Lees Kolossense 3:23, 24, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom maak dit saak hoe ons oor werk voel?

Collage: ’n Man wat sy sekulêre werk ’n prioriteit maak. 1. Hy werk in ’n kantoor gedurende die dag. 2. Hy bly by die werk in die aand. 3. Hy bly by die werk nadat sy kollegas huis toe gegaan het. 4. Hy eet aandete alleen by die huis.

Werk is belangrik. Maar ons moet nooit toelaat dat dit belangriker word as ons aanbidding van Jehovah nie

Collage: Dieselfde man maak tyd vir belangriker dinge. 1. Hy werk in ’n kantoor gedurende die dag. 2. Hy verlaat die werk aan die einde van die dag. 3. Hy steek sy hand op by ’n vergadering. 4. Hy eet aandete saam met sy vrou en twee kinders.

5. Dit is goed vir ons wanneer ons tevrede is

Baie mense probeer soveel geld kry as wat hulle kan. Maar die Bybel gee ander raad. Lees 1 Timoteus 6:6-8, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat moedig die Bybel ons aan om te doen?

Selfs al het ons baie min, kan ons gelukkig wees. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

VIDEO: Wees “tevrede met die teenwoordige dinge” (3:20)

  • Wat maak hierdie gesinne gelukkig, al het hulle min geld?

Maar wat as ons baie het en nog steeds meer wil hê? Jesus het ’n illustrasie vertel wat wys hoe gevaarlik dit is. Lees Lukas 12:15-21, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat het jy uit Jesus se illustrasie geleer? – Sien vers 15.

Lees en vergelyk Spreuke 10:22 en 1 Timoteus 6:10. Bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat dink jy is belangriker? Om ’n vriendskap met Jehovah te hê of om baie geld te hê? Hoekom?

  • Watter probleme sal jy hê as jy altyd meer geld wil hê?

6. Jehovah sal vir ons gee wat ons nodig het

Geld- en werksprobleme kan ons help om te sien of ons op Jehovah vertrou. Speel die VIDEO om te sien wat ons kan doen wanneer ons hierdie probleme het, en bespreek dan die volgende vrae.

Jehovah sal in ons behoeftes voorsien (6:21)

  • Watter probleme het die broer in die video gehad?

  • Wat het hy gedoen om die probleme suksesvol te hanteer?

Lees Matteus 6:25-34, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat belowe Jehovah om vir dié te doen wat hom eerste stel?

PARTY MENSE SÊ: “Ek moet hard werk om vir my gesin te sorg. Ek kan nie elke week vergadering toe gaan nie.”

  • Watter vers oortuig jou dat dit altyd die beste besluit is om jou aanbidding van Jehovah eerste te stel?

WAT ONS GELEER HET

Werk en geld is nodig, maar dit moet nooit ons aandag aflei van ons diens aan Jehovah nie.

Hersiening

  • Wat kan jou help om die regte beskouing van werk te hê?

  • Hoe help dit jou as jy tevrede is?

  • Hoe kan jy wys dat jy Jehovah se belofte om vir sy aanbidders te sorg, vertrou?

Doelwit

LEER MEER

Kyk of die Bybel sê dat geld sleg is.

“Is geld die wortel van alle kwaad?” (Web-artikel)

Leer hoe ons ons geld kan gebruik om God gelukkig te maak.

“Wat sê die Bybel daaroor om te gee?” (Web-artikel)

Is daar iets verkeerd met dobbelary?

“Die Bybel se beskouing – Dobbelary” (Ontwaak!, Maart 2015)

Kyk wat ’n man gehelp het om op te hou dobbel en steel.

“Ek was versot op resiesperde” (Die Wagtoring, 1 November 2011)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel