LES 56
Behou die eenheid in die gemeente
Wanneer ons by ons broers en susters is, voel ons soos koning Dawid gevoel het: “Hoe goed en hoe aangenaam is dit as broers in eenheid bymekaar woon!” (Psalm 133:1). Ons eenheid is nie iets wat outomaties gebeur nie. Elkeen van ons moet help om die eenheid te behou.
1. Wat is iets wonderliks onder God se aanbidders?
As jy ’n vergadering in ’n ander land bywoon, sal jy dalk nie die taal verstaan nie, maar jy sal op baie maniere tuis voel. Hoekom? Want oral studeer ons die Bybel met dieselfde publikasies. En ons probeer om te wys dat ons lief is vir mekaar. Maak nie saak waar ons bly nie, ons almal “[roep] die naam van Jehovah [aan] om hom in eenheid te aanbid”. – Sefanja 3:9, voetnoot.
2. Wat kan jy doen om eenheid te bevorder?
“Julle moet mekaar . . . intens liefhê uit die hart” (1 Petrus 1:22). Hoe kan jy hierdie raad toepas? Moenie fokus op die swakhede van ander nie, soek eerder na hulle goeie eienskappe. Moenie net tyd spandeer met mense wat van dieselfde dinge as jy hou nie, probeer eerder om broers en susters te leer ken wat uit verskillende agtergronde kom. Ons kan ook hard probeer om ontslae te raak van enige gevoelens van diskriminasie wat ons dalk het. – Lees 1 Petrus 2:17.a
3. Wat sal jy doen wanneer daar ’n probleem tussen jou en ’n ander Christen is?
Ons is verenig, maar ons is ook onvolmaak. Soms stel ons mekaar teleur of maak ons mekaar selfs seer. Daarom sê God se Woord: “Hou aan om . . . mekaar vryelik te vergewe,” en dit sê verder: “Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het, so moet julle ook vergewe.” (Lees Kolossense 3:13.) Ons het Jehovah al baie keer seergemaak, en tog het hy ons vergewe. So hy verwag van ons om ons broers te vergewe. As jy besef dat jy iemand seergemaak het, neem die eerste stap om die probleem op te los. – Lees Matteus 5:23, 24.b
SOEK DIEPER
Dink aan wat jy kan doen om by te dra tot die eenheid en vrede van die gemeente.
Wat sal jy doen om vrede te maak?
4. Oorkom diskriminasie
Ons wil lief wees vir al ons broers. Maar ons sukkel dalk om iemand te aanvaar wat anders as ons is. Wat kan help? Lees Handelinge 10:34, 35, en bespreek dan hierdie vrae:
Jehovah aanvaar alle soorte mense as sy Getuies. Watter uitwerking moet dit hê op wat jy dink van mense wat uit ’n ander agtergrond kom?
Watter soort diskriminasie is algemeen in jou gebied? Hoekom moet jy dit vermy?
Lees 2 Korintiërs 6:11-13, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe dink jy kan jy nader kom aan broers en susters wat uit ’n ander agtergrond kom?
5. Vergewe vryelik en maak vrede
Jehovah vergewe ons vryelik, selfs al sal hy nooit ons vergifnis nodig hê nie. Lees Psalm 86:5, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoe groot is Jehovah se vergifnis?
Hoekom is jy dankbaar vir die feit dat hy ons vergewe?
Watter situasies kan dit vir ons moeilik maak om met ander oor die weg te kom?
Hoe kan ons Jehovah navolg en verenig bly met ons broers en susters? Lees Spreuke 19:11, en bespreek dan hierdie vraag:
Wanneer iemand jou irriteer of jou gevoelens seermaak, wat kan jy doen om die situasie beter te maak?
Soms maak ons ander se gevoelens seer. Wat moet ons doen wanneer dit gebeur? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Wat het die suster in die video gedoen om vrede te maak?
6. Soek na die goeie eienskappe in jou broers en susters
Wanneer ons nader aan ons broers en susters kom, sien ons hulle goeie eienskappe en hulle swakhede. Hoe kan ons fokus op hulle goeie eienskappe? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Wat kan jou help om die goeie eienskappe van jou broers en susters te sien?
Jehovah fokus op ons goeie eienskappe. Lees 2 Kronieke 16:9a, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe voel jy oor die feit dat Jehovah op jou goeie eienskappe fokus?
Selfs ’n pragtige diamant het onvolmaakthede, maar dit is nog steeds waardevol. Net so is al ons broers en susters onvolmaak, maar hulle is kosbaar vir Jehovah
PARTY MENSE SÊ: “Voordat ek iemand vergewe, moet hy my vergifnis verdien.”
Hoekom moet ons gretig wees om ander te vergewe?
WAT ONS GELEER HET
Jy kan help om die eenheid in die gemeente te behou deur ander te vergewe en te wys dat jy lief is vir al jou broers en susters.
Hersiening
Hoe kan jy diskriminasie oorkom?
Wat sal jy doen as daar ’n probleem tussen jou en ’n ander Christen is?
Hoekom wil jy Jehovah se voorbeeld navolg en ander ook vergewe?
LEER MEER
Leer hoe een van Jesus se illustrasies ons kan help om ander nie te oordeel nie.
Moet ons verskoning vra as ons voel dat ons niks verkeerd gedoen het nie?
“Vra verskoning—Herstel só die vrede” (Die Wagtoring, 1 November 2002)
Kyk hoe party geleer het om ander onpartydig te behandel
Leer hoe jy ’n probleem wat jy met iemand het, kan oplos voordat dit probleme in die gemeente veroorsaak.
“Los geskille in ’n gees van liefde op” (Die Wagtoring, Mei 2016)
a Eindnota 6 bespreek hoe liefde Christene motiveer om nie aansteeklike siektes oor te dra nie.
b Eindnota 7 bespreek hoe om besigheid en wetlike sake te hanteer.