Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • kl hfst. 5 bl. 43-52
  • Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?
  • Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • AANBIDDING MET GEES EN WAARHEID
  • DOEN DIE WIL VAN DIE VADER
  • JUISTE KENNIS—’N BESKERMING
  • GEBOOIE VAN MENSE AS LEERSTELLINGS
  • WAAK DAARTEEN OM GOD AANSTOOT TE GEE
  • HANDHAAF GOD SE HOË STANDAARDE
  • HEELHARTIGE AANBIDDING
  • Die regte manier om God te aanbid
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Ware aanbidding sal jou gelukkiger maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Volg Jesus na—Aanbid God op aanneemlike wyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Kennis wat tot die ewige lewe lei
kl hfst. 5 bl. 43-52

Hoofstuk 5

Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?

1. Wat wou ’n Samaritaanse vrou oor aanbidding weet?

HET jy al ooit gewonder: ‘Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?’ So ’n vraag het moontlik in die gedagtes van ’n sekere vrou opgekom toe sy met Jesus Christus naby die berg Gerisim in Samaria gepraat het. Sy het die aandag gevestig op ’n verskil tussen die aanbidding van die Samaritane en dié van die Jode deur te sê: “Ons voorvaders het op hierdie berg aanbid; maar julle sê die plek waar mense behoort te aanbid, is in Jerusalem” (Johannes 4:20). Het Jesus vir die Samaritaanse vrou gesê dat alle aanbidding vir God aanneemlik is? Of het hy gesê dat spesifieke dinge nodig is om God te behaag?

2. Hoe het Jesus die Samaritaanse vrou geantwoord?

2 Jesus se verbasende antwoord was: “Die uur kom wanneer julle die Vader nie op hierdie berg of in Jerusalem sal aanbid nie” (Johannes 4:21). Die Samaritane het Jehovah lank gevrees en ander gode op die berg Gerisim aanbid (2 Konings 17:33). Nou het Jesus Christus gesê dat nóg daardie plek nóg Jerusalem in ware aanbidding belangrik sou wees.

AANBIDDING MET GEES EN WAARHEID

3. (a) Waarom het die Samaritane God nie werklik geken nie? (b) Hoe kon getroue Jode en ander God leer ken?

3 Jesus het verder vir die Samaritaanse vrou gesê: “Julle aanbid wat julle nie ken nie; ons aanbid wat ons ken, want redding het sy oorsprong by die Jode” (Johannes 4:22). Die Samaritane het valse godsdiensidees gehad en het net die eerste vyf boeke van die Bybel as geïnspireerd aanvaar—en dit net in hulle eie hersiene uitgawe wat as die Samaritaanse Pentateug bekend gestaan het. Hulle het God dus nie werklik geken nie. Maar aan die Jode is skriftuurlike kennis toevertrou (Romeine 3:1, 2). Die Skrif het aan getroue Jode en enigiemand anders wat wou luister, gegee wat hulle nodig gehad het om God te leer ken.

4. Wat moes Jode sowel as Samaritane volgens Jesus doen as hulle wou hê dat hulle aanbidding vir God aanneemlik moes wees?

4 Jesus het in werklikheid getoon dat Jode sowel as Samaritane hulle manier van aanbidding sou moes verander om God te behaag. Hy het gesê: “Die uur [kom], en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader met gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek inderdaad sulke mense om hom te aanbid. God is ’n Gees, en dié wat hom aanbid, moet met gees en waarheid aanbid” (Johannes 4:23, 24). Ons moet God “met gees” aanbid, beweeg deur ’n hart vol geloof en liefde. Dit is moontlik om God ‘met waarheid’ te aanbid deur sy Woord, die Bybel, te bestudeer en deur hom ooreenkomstig sy geopenbaarde waarheid te aanbid. Is jy gretig om dit te doen?

5. (a) Wat beteken aanbidding? (b) Wat moet ons doen as ons wil hê dat ons aanbidding vir God aanneemlik moet wees?

5 Jesus het beklemtoon dat God ware aanbidding wil hê. Dit toon dat daar vorme van aanbidding is wat vir Jehovah onaanneemlik is. Om God te aanbid, beteken om hom op eerbiedige wyse te vereer en om heilige diens aan hom te verrig. As jy ’n magtige heerser wou vereer, sou jy waarskynlik gretig wees om hom te dien en te doen wat hom behaag. Dan wil ons God tog sekerlik behaag. Ons moet dus eerder seker maak dat ons aanbidding aan God se vereistes voldoen as om bloot te sê: ‘My godsdiens pas my.’

DOEN DIE WIL VAN DIE VADER

6, 7. Waarom erken Jesus nie party wat sê dat hulle sy dissipels is nie?

6 Kom ons lees Matteus 7:21-23 en kyk of ons ’n beslissende faktor kan identifiseer wat bepaal of alle aanbidding vir God aanneemlik is. Jesus het gesê: “Nie elkeen wat vir my sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir my sê: ‘Here, Here, het ons nie in u naam geprofeteer en in u naam demone [bose geesskepsele] uitgedryf en in u naam talle kragtige werke verrig nie?’ En tog sal ek dan openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie! Gaan weg van my, julle werkers van wetteloosheid.”

7 In ware aanbidding is dit noodsaaklik om Jesus Christus as Here te erken. Maar die aanbidding van baie wat beweer dat hulle Jesus se dissipels is, sou iets kortkom. Hy het gesê dat party “kragtige werke”, soos sogenaamde wonderdadige genesings, sou verrig. Hulle sou egter versuim om te doen wat Jesus gesê het lewensbelangrik is. Hulle sou nie “die wil doen van [sy] Vader” nie. As ons God wil behaag, moet ons leer wat die wil van die Vader is en dit dan doen.

JUISTE KENNIS—’N BESKERMING

8. Wat is nodig om God se wil te doen, en watter verkeerde beskouings moet ons vermy?

8 Dit verg juiste kennis van Jehovah God sowel as van Jesus Christus om God se wil te doen. Sulke kennis lei tot die ewige lewe. Ons almal sal dan beslis die verkryging van juiste kennis uit God se Woord, die Bybel, ernstig wil opneem. Party sê dat ons ons nie hoef te bekommer solank ons opreg en ywerig in ons aanbidding is nie. Ander sê: ‘Hoe minder jy weet, hoe min–der word daar van jou verwag.’ Maar die Bybel spoor ons aan om toe te neem in die kennis van God en sy voornemens.—Efesiërs 4:13; Filippense 1:9; Kolossense 1:9.

9. Hoe beskerm juiste kennis ons, en waarom het ons sulke beskerming nodig?

9 Sulke kennis is ’n beskerming teen ’n besoedeling van ons aanbidding. Die apostel Paulus het van ’n sekere geesskepsel gepraat wat voorgee dat hy “’n engel van lig” is (2 Korintiërs 11:14). Onder hierdie skyn probeer hierdie geesskepsel—Satan—ons mislei om dinge te doen wat in stryd met God se wil is. Ander geesskepsele wat met Satan omgaan, besoedel ook mense se godsdiens, want Paulus het gesê dat “die nasies die dinge wat hulle opoffer aan demone opoffer en nie aan God nie” (1 Korintiërs 10:20). Talle het waarskynlik al gedink dat hulle op die regte manier aanbid, hoewel hulle nie gedoen het wat God verlang nie. Hulle is mislei om onreine valse aanbidding te verrig. Ons sal later meer van Satan en die demone leer, maar hierdie vyande van God het beslis die mensdom se aanbidding besoedel.

10. Wat sou jy doen as iemand jou drinkwater opsetlik vergiftig het, en wat rus juiste kennis van God se Woord ons toe om te doen?

10 Sê nou iemand het opsetlik jou drinkwater vergiftig. Sou jy aanhou om daarvan te drink? Jy sou tog sekerlik onmiddellik stappe doen om ’n veilige, skoon waterbron te vind. Wel, juiste kennis van God se Woord rus ons toe om die ware godsdiens te identifiseer en om onsuiwerhede te verwerp wat aanbidding vir God onaanneemlik maak.

GEBOOIE VAN MENSE AS LEERSTELLINGS

11. Wat was fout met baie Jode se aanbidding?

11 Toe Jesus op die aarde was, het baie Jode nie oor–eenkomstig juiste kennis van God opgetree nie. Hulle het derhalwe die geleentheid verbeur om ’n rein posisie voor Jehovah te hê. Paulus het oor hulle geskryf: “Ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het; maar nie ooreenkomstig juiste kennis nie” (Romeine 10:2). Hulle het self besluit hoe om God te aanbid in plaas van te luister na wat hy gesê het.

12. Wat het Israel se aanbidding besoedel, en met watter gevolg?

12 Die Israeliete het oorspronklik godgegewe rein godsdiens beoefen, maar dit het besoedel geraak met die leringe en filosofieë van mense (Jeremia 8:8, 9; Maleagi 2:8, 9; Lukas 11:52). Hoewel die Joodse godsdiensleiers wat as Fariseërs bekend gestaan het, gedink het dat hulle aanbidding vir God aanneemlik was, het Jesus vir hulle gesê: “Jesaja het gepas oor julle, huigelaars, geprofeteer, soos daar geskrywe staan: ‘Hierdie volk eer my met hulle lippe, maar hulle hart is ver van my verwyderd. Tevergeefs bly hulle my aanbid, want hulle leer gebooie van mense as leerstellings.’”—Markus 7:6, 7.

13. Hoe doen ons dalk wat die Fariseërs gedoen het?

13 Is dit moontlik dat ons doen wat die Fariseërs gedoen het? Dit kan gebeur as ons oorgelewerde godsdienstradisies volg in plaas van te ondersoek wat God oor aanbidding gesê het. Paulus het oor hierdie wesenlike gevaar gewaarsku en geskryf: “Die geïnspireerde uiting sê . . . uitdruklik dat party in latere tydperke van die geloof sal wegval en aandag sal skenk aan misleidende geïnspireerde uitinge en leringe van demone” (1 Timoteus 4:1). Dit is dus nie genoeg om net sommer aan te neem dat ons aanbidding God behaag nie. Soos die Samaritaanse vrou wat vir Jesus ontmoet het, het ons dalk ons manier van aanbidding van ons ouers geërf. Maar ons moet daarvan seker wees dat ons dinge doen wat God se goedkeuring wegdra.

WAAK DAARTEEN OM GOD AANSTOOT TE GEE

14, 15. Waarom moet ons versigtig wees selfs al het ons kennis van God se wil?

14 As ons nie versigtig is nie, kan ons iets doen wat vir God onaanneemlik is. Die apostel Johannes het byvoorbeeld voor die voete van ’n engel neergeval “om hom te aanbid”. Maar die engel het gewaarsku: “Pas op! Moet dit nie doen nie! Ek is maar net ’n medeslaaf van jou en van jou broers wat die werk het om van Jesus te getuig. Aanbid God” (Openbaring 19:10). Kan jy dus sien hoe belangrik dit is om seker te maak dat jou aanbidding nie met enige vorm van afgodery besoedel is nie?—1 Korintiërs 10:14.

15 Toe party Christene godsdiensgebruike begin beoefen het wat God nie behaag het nie, het Paulus gevra: “Hoe is dit dat julle . . . weer terugkeer tot die swak en armsalige elementêre dinge en hulle weer van voor af as slawe wil dien? Julle hou nougeset dae en maande en tye en jare. Ek vrees vir julle, dat ek op die een of ander wyse verniet met betrekking tot julle geswoeg het” (Galasiërs 4:8-11). Daardie mense het kennis van God verkry, maar het later afgedwaal deur godsdiensgebruike en heilige dae te vier wat vir Jehovah onaanneemlik was. Soos Paulus gesê het, moet ons ‘aanhou om seker te maak van wat vir die Here aanneemlik is’.—Efesiërs 5:10.

16. Hoe help Johannes 17:16 en 1 Petrus 4:3 ons om te besluit of vakansiedae en gebruike God behaag?

16 Ons moet seker maak dat ons godsdienstige vakansiedae en ander gebruike vermy wat God se beginsels skend (1 Tessalonisense 5:21). Jesus het byvoorbeeld van sy volgelinge gesê: “Hulle is geen deel van die wêreld nie, net soos ek geen deel van die wêreld is nie” (Johannes 17:16). Raak jou godsdiens betrokke by seremonies en vakansiedae wat die beginsel van neutraliteit teenoor hierdie wê–reld se aangeleenthede skend? Of neem lidmate van jou godsdiens soms deel aan gebruike en feeste waar mense hulle dalk skuldig maak aan gedrag soos dié wat deur die apostel Petrus beskryf word? Hy het geskryf: “Die tyd wat verby is, is voldoende vir julle om die wil van die nasies te kon volbring toe julle in losbandige dade, welluste, oordadighede met wyn, swelgerye, drinkpartye en onwettige afgoderye gewandel het.”—1 Petrus 4:3.

17. Waarom moet ons enigiets vermy wat die gees van die wêreld weerspieël?

17 Die apostel Johannes het beklemtoon dat ons alle gebruike moet vermy wat die gees van die goddelose wêreld om ons weerspieël. Johannes het geskryf: “Moenie die wêreld of die dinge in die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde vir die Vader nie in hom nie; want alles wat in die wêreld is—die begeerte van die vlees en die begeerte van die oë en die spoggerige vertoon van ’n mens se lewensmiddele—het nie hulle oorsprong by die Vader nie, maar het hulle oorsprong by die wêreld. Wat meer is, die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Johannes 2:15-17). Het jy opgemerk dat diegene wat “die wil van God doen” vir ewig sal bly? Ja, as ons God se wil doen en bedrywighede vermy wat hierdie wêreld se gees weerspieël, kan ons die hoop op die ewige lewe hê!

HANDHAAF GOD SE HOË STANDAARDE

18. Watter verkeerde beskouing het party Korintiërs oor gedrag gehad, en wat moet ons hieruit leer?

18 God wil mense wat sy hoë sedelike standaarde naleef as sy aanbidders hê. Party in eertydse Korinte het verkeerdelik gedink dat God onsedelike gedrag sou duld. Ons kan sien hoe verkeerd hulle was deur 1 Korintiërs 6:9, 10 te lees. As ons God op aanneemlike wyse wil dien, moet ons woorde en dade hom behaag. Stel jou vorm van aanbidding jou in staat om dit te doen?—Matteus 15:8; 23:1-3.

19. Hoe raak ware aanbidding ons optrede teenoor ander?

19 Ons optrede teenoor ander mense moet ook God se standaarde weerspieël. Jesus Christus het ons aangespoor om ander te behandel soos ons wil hê dat hulle ons moet behandel, want dit maak deel van ware aanbidding uit (Matteus 7:12). Let op wat hy ook oor die betoning van broederliefde gesê het: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35). Jesus se dissipels moet mekaar liefhê en aan medeaanbidders en ander goed doen.—Galasiërs 6:10.

HEELHARTIGE AANBIDDING

20, 21. (a) Watter soort aanbidding vereis God? (b) Waarom het Jehovah Israel se aanbidding in Maleagi se dag verwerp?

20 In jou hart wil jy God dalk op aanneemlike wyse aanbid. Dan moet jy Jehovah se beskouing oor aanbidding hê. Die dissipel Jakobus het beklemtoon dat dit God se beskouing is wat belangrik is, nie ons s’n nie. Jakobus het gesê: “Die vorm van aanbidding wat uit die standpunt van ons God en Vader rein en onbesmet is, is dit: om na wese en weduwees in hulle verdrukking om te sien en om jou sonder vlek van die wêreld te bewaar” (Jakobus 1:27). Met ’n begeerte om God te behaag, moet elkeen van ons ons aanbidding ondersoek om seker te maak dat dit nie met goddelose gebruike besoedel is of dat ons versuim om iets te doen wat hy as noodsaaklik beskou nie.—Jakobus 1:26.

21 Slegs rein, heelhartige aanbidding behaag Jehovah (Matteus 22:37; Kolossense 3:23). Toe die nasie Israel God minder as dit gegee het, het hy gesê: “’n Seun eer die vader, en ’n kneg sy heer. As Ek dan ’n Vader is, waar is my eer? En as Ek ’n Heer is, waar is die vrees vir My?” Hulle het God aanstoot gegee deur blinde, lam en siek diere aan hom te offer, en hy het sulke dade van aanbidding verwerp (Maleagi 1:6-8). Jehovah is die suiwerste vorm van aanbidding waardig en aanvaar niks minder as uitsluitlike toegewydheid nie.—Exodus 20:5, NW; Spreuke 3:9; Openbaring 4:11.

22. Wat sal ons vermy, en wat sal ons doen as ons wil hê dat ons aanbidding vir God aanneemlik moet wees?

22 Die Samaritaanse vrou wat met Jesus gepraat het, het blykbaar daarin belanggestel om God te aanbid op die manier wat hy goedkeur. As dit ons begeerte is, sal ons alle besoedelende leringe en gebruike vermy (2 Korintiërs 6:14-18). Ons sal ons eerder inspan om juiste kennis van God en sy wil te verkry. Ons sal sy vereistes vir aanneemlike aanbidding nougeset nakom (1 Timoteus 2:3, 4). Jehovah se Getuies streef daarna om juis dit te doen, en hulle spoor jou hartlik aan om God saam met hulle “met gees en waarheid” te aanbid (Johannes 4:24). Jesus het gesê: “Die Vader soek inderdaad sulke mense om hom te aanbid” (Johannes 4:23). Ons hoop dat jy so iemand is. Soos daardie Samaritaanse vrou, wil jy ongetwyfeld die ewige lewe hê (Johannes 4:13-15). Maar jy sien dat mense oud word en sterf. Die volgende hoofstuk verduidelik waarom.

TOETS JOU KENNIS

Watter soort aanbidding is volgens Johannes 4:23, 24 vir God aanneemlik?

Hoe kan ons vasstel of sekere gebruike en feeste God behaag?

Wat is party vereistes vir aanneemlike aanbidding?

[Volbladillustrasie op bladsy 44]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel