Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w07 1/1 bl. 32
  • Jy kan die storm deurstaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy kan die storm deurstaan
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
w07 1/1 bl. 32

Jy kan die storm deurstaan

IN HIERDIE kritieke tye verduur baie mense stormagtige probleme. Liefde vir God en lojaliteit aan sy beginsels help Christene egter om dit die hoof te bied. Hoe? Die antwoord kan gevind word in ’n illustrasie wat Jesus Christus vertel het. Hy het sy gehoorsame dissipels vergelyk met “’n verstandige man, wat sy huis op die rots gebou het”. Jesus het gesê: “Die reën het neergestort en die vloedwaters het gekom en die winde het gewaai en aan daardie huis geruk, maar dit het nie ineengestort nie, want dit was op die rots gegrondves.”—Matteus 7:24, 25.

Let daarop dat die man in die illustrasie, hoewel hy verstandig is, nog steeds te staan kom voor probleme—soos afgebeeld deur die stortreën, vloedwaters en verwoestende winde. Jesus het dus nie te kenne gegee dat sy dissipels alle moeilikhede sou vryspring en ’n lewe van ononderbroke rus en vrede sou geniet nie (Psalm 34:19; Jakobus 4:13-15). Maar hy het wel gesê dat getroue knegte van God hulle kan voorberei vir sulke stormagtige probleme en krisisse en dit die hoof kan bied.

Jesus het die illustrasie begin deur te sê: “Elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit doen, [sal] vergelyk word met ’n verstandige man, wat sy huis op die rots gebou het.” Jesus het natuurlik nie gepraat van die bou van letterlike huise nie, maar van lewens. Diegene wat op Christus se woorde ag slaan, lê onderskeidingsvermoë en goeie oordeel aan die dag. Hulle bou hulle beweegredes en dade op die stewige rots van Christus se leringe deur toe te pas wat hulle geleer is. Dit is interessant dat hierdie figuurlike rots nie op die oppervlak gevind word nie. Die man in die illustrasie moes “diep” grawe om dit te bereik (Lukas 6:48). So ook span Jesus se dissipels hulle voortdurend in om duursame eienskappe aan te kweek wat hulle nader aan God bring.—Matteus 5:5-7; 6:33.

Wat gebeur wanneer stormagtige moeilikhede die stewigheid van die Christelike fondament van Jesus se volgelinge toets? Hulle gewillige gehoorsaamheid aan Christus se leringe en hulle Christelike eienskappe is bronne van krag gedurende sulke ontberinge en, uiteindelik, gedurende die naderende storm van Armageddon (Matteus 5:10-12; Openbaring 16:15, 16). Ja, deur Christus se leringe te volg, deurstaan baie mense stormagtige beproewinge met welslae. Jy kan ook.—1 Petrus 2:21-23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel