Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lff les 23 punte 1-6
  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!
  • Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Doop — ’n Vereiste vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Is jy reg om gedoop te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Doop en jou verhouding met God
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Voldoen aan die vereistes vir Christelike doop
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
lff les 23 punte 1-6
Les 23. ’n Vrou word gedoop as een van Jehovah se Getuies deur heeltemal onder water gedompel te word.

LES 23

Doop – ’n Wonderlike doelwit!

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Jesus het gesê dat Christene gedoop moet word. (Lees Matteus 28:19, 20.) Maar wat is doop? En wat moet ’n persoon doen om daardie doelwit te bereik?

1. Wat is doop?

Die woord “doop” kom van ’n Griekse woord wat beteken om onder water “te dompel”. Toe Jesus gedoop was, was hy onder die water van die Jordaanrivier gedompel, dit wil sê hy was heeltemal onder die water, en toe het hy “uit die water [opgekom]” (Markus 1:9, 10). Net so word ware Christene heeltemal onder die water gedompel wanneer hulle gedoop word.

2. Wat wys ’n persoon wanneer hy hom laat doop?

Wanneer iemand gedoop word, wys hy dat hy hom aan Jehovah God toegewy het. Hoe wy ’n persoon hom toe? Voordat ’n persoon gedoop word, sê hy vir Jehovah in ’n private gebed dat hy Hom vir ewig wil dien. Hy belowe dat hy Jehovah alleen sal aanbid en dat om God se wil te doen, die belangrikste ding in sy lewe sal wees. Hy kies om “[op te hou] om vir homself te lewe” en om aan te hou om Jesus se leringe en voorbeeld te volg (Matteus 16:24). Sy toewyding en doop maak dit moontlik vir hom om ’n sterk verhouding met Jehovah te hê, en met ander wat Hom aanbid.

3. Wat moet ’n persoon doen voordat hy gedoop kan word?

Voordat jy gedoop kan word, is dit belangrik om oor Jehovah te leer en sterk geloof in hom op te bou. (Lees Hebreërs 11:6.) Hoe meer kennis jy kry en hoe sterker jou geloof word, hoe liewer sal jy vir Jehovah word. Dan sal jy ander van hom wil vertel en volgens sy standaarde wil lewe (2 Timoteus 4:2; 1 Johannes 5:3). Wanneer ’n persoon lewe “op ’n manier wat Jehovah waardig is sodat [hy] hom in alles bly kan maak,” sal hy dalk besluit om sy lewe aan God toe te wy en gedoop te word. – Kolossense 1:9, 10.a

SOEK DIEPER

Kyk wat ons uit Jesus se doop kan leer en hoe iemand vir hierdie belangrike stap kan voorberei.

4. Ons kan uit Jesus se doop leer

Lees Matteus 3:13-17 om meer details oor Jesus se doop te kry. Bespreek dan hierdie vrae:

  • Was Jesus ’n baba toe hy gedoop was?

  • Hoe was hy gedoop? Was hy net met water gesprinkel?

God het Jesus ’n spesiale werk gegee om op die aarde te doen, en Jesus het daardie werk begin doen nadat hy gedoop was. Lees Lukas 3:21-23 en Johannes 6:38, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Watter werk was die belangrikste in Jesus se lewe nadat hy gedoop was?

5. Doop is ’n doelwit wat jy kan bereik

Die idee om jou toe te wy en te laat doop, kan jou dalk aan die begin ’n bietjie bang maak. Maar as jy aanhou om van Jehovah te leer en hom beter leer ken, sal jy meer selfvertroue hê om so ’n belangrike besluit te maak. Om ’n paar mense te sien wat dit gedoen het, speel die VIDEO.

VIDEO: Hoe om ’n verhouding met Jehovah op te bou (1:11)

Lees Johannes 17:3 en Jakobus 1:5, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat kan ’n persoon help om voor te berei om gedoop te word?

A. ’n Vrou maak ’n persoonlike toewyding aan God in gebed. B. Dieselfde vrou word gedoop as een van Jehovah se Getuies deur heeltemal onder water gedompel te word.
  1. Ons wy ons toe deur vir Jehovah te sê dat ons hom vir ewig wil dien

  2. By ons doop wys ons vir ander dat ons ons aan God toegewy het

6. Wanneer ons gedoop word, word ons deel van Jehovah se familie

Wanneer ons gedoop word, word ons deel van ’n verenigde, wêreldwye familie. Al kom ons van verskillende plekke en uit verskillende agtergronde, glo ons dieselfde dinge en lewe ons volgens dieselfde standaarde in die Bybel. Lees Psalm 25:14 en 1 Petrus 2:17, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe raak doop ’n persoon se verhouding met Jehovah en met ander wat Hom aanbid?

Collage: ’n Gedoopte suster is baie gelukkig terwyl sy dink aan haar goeie verhouding met ander in die gemeente. 1. Sy vertel vir ’n suster van haar probleme en bekommernisse. 2. Sy help ’n ouer suster om te loop. 3. Sy geniet ’n ete saam met vriende van verskillende ouderdomme. 4. Sy en ’n ander suster preek vir ’n man. 5. Sy neem ’n selfie met twee Getuies van verskillende agtergronde by ’n byeenkoms.

PARTY MENSE SÊ: “Ek’s nie gereed om gedoop te word nie.”

  • As dit is hoe jy voel, dink jy dat doop nog steeds ’n doelwit is wat jy wil bereik?

WAT ONS GELEER HET

Jesus het gesê dat Christene gedoop moet word. Voordat ’n persoon gedoop kan word, moet hy sterk geloof in Jehovah opbou, volgens Sy standaarde lewe en homself aan Jehovah toewy.

Hersiening

  • Wat is doop, en hoekom is dit belangrik?

  • Wat wys ’n persoon wanneer hy hom laat doop?

  • Wat moet ’n persoon doen voordat hy hom kan toewy en laat doop?

Doelwit

LEER MEER

Leer wat doop is en wat dit nie is nie.

“Wat is doop?” (Web-artikel)

Kyk na maniere waarop ’n persoon tot doop kan vorder.

“Liefde en waardering vir Jehovah lei tot doop” (Die Wagtoring, Maart 2020)

Lees wat ’n man gemotiveer het om gedoop te word.

“Hulle wou hê dat ek self moes seker maak wat die waarheid is” (Die Wagtoring, 1 Februarie 2013)

Kyk hoekom doop ’n wonderlike doelwit is en hoe jy daarvoor kan voorberei.

“Moet ek my laat doop?” (Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2, hoofstuk 37)

a As ’n persoon voorheen in ’n ander godsdiens gedoop was, moet hy weer gedoop word. Hoekom? Want daardie godsdiens het nie die waarheid uit die Bybel geleer nie. – Sien Handelinge 19:1-5 en Les 13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel