LES 17
Watter soort persoon is Jesus?
Wanneer ons leer oor die dinge wat Jesus gesê en gedoen het toe hy op die aarde was, sien ons eienskappe wat ons nader aan hom en aan sy Vader, Jehovah, bring. Wat is party van hierdie mooi eienskappe? En hoe kan ons Jesus in ons eie lewe navolg?
1. Hoe is Jesus soos sy Vader?
In die hemel het Jesus miljarde jare lank gesien hoe sy liefdevolle Vader dinge doen en by hom geleer. Daarom dink, voel en tree hy nes sy Vader op. (Lees Johannes 5:19.) Om die waarheid te sê, Jesus volg sy Vader se persoonlikheid so goed na dat hy gesê het: “Enigiemand wat my gesien het, het ook die Vader gesien” (Johannes 14:9). Wanneer jy oor Jesus se persoonlikheid leer, sal jy Jehovah beter leer ken. Byvoorbeeld, die manier waarop Jesus vir mense omgegee het, wys hoe baie Jehovah vir jou omgee.
2. Hoe het Jesus gewys dat hy lief is vir Jehovah?
Jesus het gesê: “Sodat die wêreld kan weet dat ek lief is vir die Vader, doen ek alles wat die Vader my beveel het om te doen” (Johannes 14:31). Terwyl Jesus op die aarde was, het hy gewys hoe lief hy vir sy Vader is deur Hom te gehoorsaam selfs wanneer dit moeilik was. Jesus was ook lief daarvoor om oor sy Vader te praat en om ander te help om ’n vriendskap met Hom op te bou. – Johannes 14:23.
3. Hoe het Jesus gewys dat hy lief is vir mense?
Die Bybel sê dat Jesus “besonder lief [is] vir die mensdom” (Spreuke 8:31, voetnoot). Hy het hierdie liefde gewys deur mense aan te moedig en hulle op ’n onselfsugtige manier te help. Hy het wonderwerke gedoen wat sy krag gewys het, maar dit het ook gewys dat hy omgee vir mense (Markus 1:40-42). Hy het almal liefdevol behandel en het teen niemand gediskrimineer nie. Sy woorde het alle goeie mense wat na hom geluister het, vertroos en hoop gegee. Jesus was bereid om te ly en te sterf omdat hy lief is vir alle mense. Maar hy is veral lief vir mense wat gehoorsaam is aan die dinge wat hy leer. – Lees Johannes 15:13, 14.
SOEK DIEPER
Leer meer oor Jesus se persoonlikheid. En kyk hoe ons net soos hy liefde kan wys en vrygewig kan wees.
4. Jesus is lief vir sy Vader
Jesus se voorbeeld leer ons hoe om ons liefde vir God te wys. Lees Lukas 6:12 en Johannes 15:10; 17:26. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:
Hoe kan ons Jesus navolg en wys dat ons lief is vir Jehovah?
Jesus was lief vir sy hemelse Vader en het baie keer met hom in gebed gepraat
5. Jesus gee om vir mense wat hulp nodig het
Jesus het meer omgegee vir ander mense as vir homself. Selfs wanneer hy moeg was, het hy sy tyd en energie gebruik om mense te help. Lees Markus 6:30-44, en bespreek dan hierdie vrae:
In hierdie verse, wat is party maniere waarop Jesus gewys het dat hy vir ander omgee? – Sien vers 31, 34, 41 en 42.
Wat het Jesus gemotiveer om mense te help? – Sien vers 34.
Ons weet dat Jesus Jehovah se persoonlikheid navolg, so wat leer dit jou oor Jehovah?
Wat is party maniere waarop ons net soos Jesus kan wys dat ons vir ander omgee?
6. Jesus is vrygewig
Jesus was vrygewig, al het hy nie baie gehad nie, en hy sê vir ons om ook vrygewig te wees. Lees Handelinge 20:35, en bespreek dan hierdie vraag:
Volgens Jesus, hoe kan ons gelukkig wees?
Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Wat is party maniere waarop ons kan gee, al het ons nie baie nie?
Het jy geweet?
Die Bybel leer ons om in Jesus se naam tot Jehovah te bid. (Lees Johannes 16:23, 24.) Wanneer ons so bid, wys ons dat ons dankbaar is vir wat Jesus gedoen het om ons te help om Jehovah se vriende te word.
PARTY MENSE SÊ: “God gee nie om dat ons swaarkry nie.”
Ons weet dat Jesus sy Vader se persoonlikheid navolg, so hoe wys die dinge wat hy doen, dat Jehovah vir ons omgee?
WAT ONS GELEER HET
Jesus is lief vir Jehovah, en hy is lief vir mense. Jesus is soos sy Vader, so hoe meer jy Jesus leer ken, hoe meer sal jy Jehovah leer ken.
Hersiening
Hoe kan ons net soos Jesus wys dat ons vir Jehovah lief is?
Hoe kan ons net soos Jesus wys dat ons vir mense lief is?
Van watter eienskap van Jesus hou jy die meeste?
LEER MEER
Kyk na party van Jesus se eienskappe wat ons kan navolg.
“Om Jesus na te volg, moet jy . . .” (Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe, bladsy 317)
Leer hoekom ons in Jesus se naam moet bid.
“Waarom moet ons in Jesus se naam bid?” (Die Wagtoring, 1 Februarie 2008)
Sê die Bybel enige iets oor hoe Jesus gelyk het?
Wat kan ons leer uit die manier waarop Jesus vrouens behandel het?
“Respek en waardigheid omdat God omgee” (Die Wagtoring, 1 September 2012)