Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 53 bl. 130-bl. 131 par. 7
  • ’n Heerser wat die elemente kan beheer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Heerser wat die elemente kan beheer
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Gewenste bomenslike heerser
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • ’n Gewenste bomenslike heerser
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Jesus kan ons beskerm
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Jesus loop op water
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 53 bl. 130-bl. 131 par. 7
Terwyl Petrus op water loop, begin hy sink; Jesus steek sy hand uit en gryp hom

HOOFSTUK 53

’n Heerser wat die elemente kan beheer

MATTEUS 14:22-36 MARKUS 6:45-56 JOHANNES 6:14-25

  • MENSE WIL JESUS KONING MAAK

  • JESUS LOOP OP WATER, LAAT DIE WIND BEDAAR

Jesus se wonderdadige vermoë om duisende te voed, het ’n groot uitwerking op die mense. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat ‘dit beslis die Profeet is wat in die wêreld sou inkom,’ die Messias, en dat hy beslis ’n goeie heerser sal wees (Johannes 6:14; Deuteronomium 18:18). Daarom beplan die mense om Jesus te gryp en hom koning te maak.

Maar Jesus besef wat die mense beplan. Hy stuur die skare weg en sê vir sy dissipels om weer in hulle bote te klim. Wat is hulle roete en bestemming? Hulle moet na Betsaida gaan en dan na Kapernaum. Maar Jesus gaan in die aand na die berg om alleen te bid.

In die maanlig, nog voordat die son opkom, hou Jesus die boot van ’n afstand af dop. Daar is ’n sterk wind wat die golwe onstuimig maak, en die apostels “sukkel om te roei, want die wind [is] teen hulle” (Markus 6:48). Jesus kom van die berg af en begin oor die golwe na hulle toe loop. Teen hierdie tyd het “hulle omtrent vyf of ses kilometer geroei” (Johannes 6:19). Die dissipels sien Jesus en dit lyk asof hy verby hulle gaan loop. Hulle roep bang uit: “Dit is ’n verskyning!” – Markus 6:49.

Jesus stel hulle gerus en sê: “Bedaar! Dit is ek. Moenie bang wees nie.” Maar Petrus sê: “Here, as dit u is, beveel my om oor die water na u toe te kom.” Jesus antwoord: “Kom!” Dan klim Petrus uit die boot en loop hy oor die water na Jesus toe. Maar wanneer hy na die windstorm kyk, word hy bang en begin hy sink. Hy roep uit: “Here, red my!” Jesus steek sy hand uit, gryp hom en vra hom: “Waar is jou geloof? Hoekom het jy begin twyfel?” – Matteus 14:27-31.

Petrus en Jesus klim in die boot, en die wind gaan lê. Die dissipels is verbaas, maar behoort hulle te wees? As hulle die betekenis verstaan het van “die brode” – die wonderwerk wat Jesus ’n paar uur vroeër gedoen het toe hy duisende gevoed het – sou hulle nie verbaas gewees het dat hy op water kan loop en die wind laat bedaar nie. Nou bewys hulle eer aan hom deur te sê: “U is werklik God se Seun.” – Markus 6:52; Matteus 14:33.

Kort daarna kom hulle by die pragtige, vrugbare vlakte van Gennesaret, suid van Kapernaum. Hulle anker die boot en gaan aan land. Die mense herken Jesus, en net soos ander van die omliggende omgewing, bring hulle die siekes na hom toe. Wanneer hulle net aan die fraiings van Jesus se bo-kleed raak, word hulle heeltemal gesond.

Intussen het die skare wat gesien het hoe Jesus die duisende wonderdadig voed, besef dat Jesus vertrek het. Wanneer klein bootjies van Tiberias dus daar aankom, klim die mense daarop en gaan hulle na Kapernaum om Jesus te vind. Wanneer hulle Jesus vind, vra hulle: “Rabbi, wanneer het u hier aangekom?” (Johannes 6:25). Jesus bestraf hulle en met goeie rede, soos ons sal sien.

  • Wat wil die mense met Jesus doen nadat hy duisende voed?

  • Hoekom behoort dit die dissipels nie te verbaas dat Jesus op water kan loop en die wind kan laat bedaar nie?

  • Wat gebeur nadat Jesus by die strand naby Kapernaum kom?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel