-
God se Koninkryk regeer nou!Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
2. Wat het vanaf 1914 in die wêreld gebeur en hoe het mense begin optree?
Jesus se dissipels het vir hom gevra: “Wat sal die teken wees van u teenwoordigheid en dat die einde van die wêreldstelsel naby is?” (Matteus 24:3). Jesus het hulle geantwoord deur baie dinge te voorspel wat sou gebeur nadat hy in die hemel as Koning van God se Koninkryk begin regeer het. Party van hierdie dinge is oorloë, voedseltekorte en aardbewings. (Lees Matteus 24:7.) Die Bybel het ook voorspel dat die lewe “moeilik [sou wees] om deur te kom” as gevolg van hoe mense in “die laaste dae” sou optree (2 Timoteus 3:1-5). Hierdie dinge kon veral gesien word vanaf 1914.
3. Hoekom het die wêreld so sleg geword vandat God se Koninkryk begin regeer het?
Kort nadat Jesus Koning van God se Koninkryk geword het, het hy in die hemel oorlog gevoer teen Satan en die demone. Satan het daardie oorlog verloor. Die Bybel sê: “Hy is na die aarde neergegooi, en sy engele is saam met hom neergegooi” (Openbaring 12:9, 10, 12). Satan is baie kwaad, want hy weet dat hy vernietig sal word. Daarom veroorsaak hy pyn en swaarkry regoor die aarde. Geen wonder toestande in die wêreld is so sleg nie! God se Koninkryk sal al hierdie probleme oplos.
-
-
God se Koninkryk regeer nou!Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
5. Die wêreld het verander vanaf 1914
Jesus het voorspel hoe die wêreld sou wees nadat hy Koning geword het. Lees Lukas 21:9-11, en bespreek dan hierdie vraag:
Watter van hierdie dinge het jy al gesien of van gehoor?
Die apostel Paulus het beskryf hoe mense sou wees in die laaste dae van menseregerings. Lees 2 Timoteus 3:1-5, en bespreek dan hierdie vraag:
Watter van hierdie dinge het jy al gesien?
-