Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 5/1 bl. 4
  • Profesie 1. Aardbewings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Profesie 1. Aardbewings
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Aardbewings, Bybelprofesie en jy
    Ontwaak!—2002
  • Aardbewings—benoudheid op benoudheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Nog groot aardbewings word verwag
    Ontwaak!—2010
  • Ontleding van ’n aardbewing
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 5/1 bl. 4

Profesie 1. Aardbewings

“Daar sal groot aardbewings wees.”—LUKAS 21:11.

● Winnie, 16 maande oud, word onder die puin in Haïti uitgehaal. ’n TV-span wat oor die ramp verslag lewer, het haar sagte gekerm gehoor. Sy oorleef die aardbewing, maar haar ouers nie.

WAT TOON DIE FEITE? Toe ’n aardbewing van 7,0 op die Richterskaal Haïti in Januarie 2010 getref het, het meer as 300-000 mense gesterf. Nog 1,3 miljoen is in ’n oomblik dakloos gelaat. Hoewel dit ’n uiterste geval is, was die aardbewing in Haïti nie ’n unieke gebeurtenis nie. Tussen April 2009 en April 2010 het daar wêreldwyd ten minste 18 groot aardbewings plaasgevind.

WAT IS ’N ALGEMENE BESWAAR? Daar is nie meer aardbewings as tevore nie; ons is weens moderne tegnologie net meer bewus daarvan as mense in die verlede.

IS DIT ’N GELDIGE BESWAAR? Dink hieraan: Die Bybel beklemtoon nie die aantal aardbewings wat gedurende die laaste dae sal plaasvind nie. Maar dit sê wel dat “groot aardbewings” “op die een plek na die ander” sal plaasvind, wat dit een van die noemenswaardige kenmerke van hierdie betekenisvolle tyd in die geskiedenis maak.—Markus 13:8; Lukas 21:11.

WAT DINK JY? Sien ons groot aardbewings, net soos die Bybel voorspel het?

Aardbewings lyk op sigself dalk nie na onbetwisbare bewys dat ons in die laaste dae lewe nie. Maar dit is net een profesie wat vervul word. Kyk na ’n tweede profesie.

[Lokteks op bladsy 4]

“Ons [geofisici] praat daarvan as groot aardbewings. Al die ander mense praat daarvan as verskriklike rampe.”—KEN HUDNUT, AMERIKAANSE DEPARTEMENT VAN GEOLOGIESE OPNAMES.

[Foto-erkenning op bladsy 4]

© William Daniels/Panos Pictures

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel