Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 10/1 bl. 21
  • Hongersnood voorspel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hongersnood voorspel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die oplossing?
    Ontwaak!—1996
  • Toenemende getalle vlugtelinge
    Ontwaak!—1996
  • Op soek na ’n plek wat hulle hulle eie kan noem
    Ontwaak!—2002
  • Help die “inwonende vreemdelinge” om Jehovah met blydskap te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 10/1 bl. 21

Hongersnood voorspel

IN ONLANGSE jare het hongersnood ’n smartlike, alledaagse verskynsel in wêreldnuusberigte geword. Vanuit Ethiopië en ander plekke het daar onvergeetlike beelde van lyding gekom. In 1992 was die wêreld se aandag stip gevestig op Somalië se tragiese slagoffers van hongersnood wat deur droogte en oorlog veroorsaak is. Die International Herald Tribune het in September 1992 berig: “Niemand weet hoeveel Somaliërs al gesterf het nie, maar die Rooi Kruis stel die syfer op meer as 100 000. Honderde, indien nie duisende nie, sterf daagliks.”

Die syfers weerspieël nie werklik die ellende en pyn van die mense wat daarby betrokke is nie. Yvette Pierpaoli, die Europese verteenwoordiger van Refugees International, het in die VN-tydskrif Refugees geskryf: “In New York of Genève lyk die vlugtelingvraagstuk taamlik eenvoudig; syfers word aangegee en die string nulle agter die syfers beteken nie veel nie. Maar duisende [kilometers] daarvandaan, op die grense van lande waar dinge buite beheer is, kry jy ’n knop in die keel en wil jy skreeu as jy die omvang van die lyding sien.”

Hoewel die Rooi Kruis sê dat sy pogings om Somalië te help sy grootste humanitêre noodlenigingspoging tot nog toe is, kla baie waarnemers dat die algemene prentjie een is van te min hulp, te laat. Yvette Pierpaoli kla: “Skenkerlande is huiwerig, moeg daarvan om ’n verbrokkelende Afrika te ondersteun. . . . Hulle blameer Afrikane vir hulle swak bestuur, hulle hebsugtige leiers, die blykbaar eindelose konflikte.”

Die Bybel het ’n tyd voorspel wanneer daar voedseltekorte “op verskillende plekke” sou wees. Hierdie voedseltekorte asook baie ander verskynsels, soos oorloë, aardbewings en pessiektes, toon dat God se Koninkryk naby is (Lukas 21:11, 31). Die Bybel toon verder dat daar onder hierdie welwillende Koninkryk van God ’n oorvloed voedsel vir die hele mensdom sal wees. “Mag daar volop graan in die land wees”, het die psalmis geskryf. “Mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif.”—Psalm 72:16, NAV.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel