Die teken—Het jy dit gesien?
“VER onder die oppervlak van die see hang ’n lang, rondeneusduikboot bewegingloos—die groot branders wat oor die see se stormagtige oppervlak rol, het geen uitwerking daarop nie. ’n Luik op die duikboot se dek gaan oop, en ’n vuurpyl wat meer as nege meter lank en 1,4 meter in deursnee is, skiet skie!ik daaruit, reguit op pad na die oppervlak. Die vuurpyl word aanvanklik deur druklug aangedryf, maar wanneer dit die see se oppervlak bereik, ontbrand sy motor en bars die vuurpyl met ’n gebulder uit die water.”
Daardie beskrywing van ’n ballistiese missiel wat van ’n duikboot gelanseer word, aangehaal uit Martin Keen se boek Rockets, Missiles and Spacecraft, heg betekenis aan ’n eertydse profesie wat ’n tyd van wêreldbenoudheid weens “die gebulder van die see” voorspel het (Lukas 21:26, NAV). Hoe groot is die bedreiging wat duikbote met ballistiese missiele inhou?
Die boek Jane’s Fighting Ships 1986-87 sê dat Brittanje, China, Frankryk, die Sowjet-Unie en die Verenigde State 131 duikbote wat met ballistiese missiele toegerus is in aktiewe diens het. Geen stad lê buite hulle bereik nie, en die plofkoppe land gewoonlik binne anderhalf kilometer van die teiken af. Volgens The Guinness Book of Records dra sommige genoeg plofkoppe “om enige land binne [8 000 kilometer] uit te wis”. Selfs erger is die feit dat sommige al beweer het dat die plofkoppe in net een duikboot wat met ballistiese missiele toegerus is ’n kernwinter kan veroorsaak wat alle lewe op die aarde in gevaar sal stel! Die beheer van verafgeleë duikbote is ook ’n probleem. Daar word gevrees dat ’n onbesonne daad in een duikboot ’n noodlottige kernoorlog kan ontketen.
Talle het sulke skrikwekkende moontlikhede aan Jesus se profetiese teken gekoppel. Kan dit wees dat ons geslag die vervulling van daardie teken beleef? Die feite antwoord ja. En dit beteken dat bevryding van die bedreiging van kernoorlog naby is (Lukas 21:28, 32). Met die oog op so ’n optimistiese vooruitsig nooi ons jou om getuienis van die teken se vervulling te beskou. ’n Paar belangrike kenmerke van die teken, asook hulle hedendaagse vervulling, word vervolgens uiteengesit.
“Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander” (Lukas 21:10).
Sedert 1914 het meer as 100 000 000 mense weens oorloë omgekom. Die Eerste Wêreldoorlog het in 1914 uitgebreek, en bo en behalwe die verskeie Europese kolonies van daardie tyd was 28 lande daarby betrokke. Min lande het neutraal gebly. Dit het meer as 13 000 000 lewens geëis, en oor die 21 000 000 soldate is gewond. Toe het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek, wat baie verwoestender was. En sedertdien? “Wars of the World”, ’n artikel in die Suid-Afrikaanse koerant The Star, het die Londense Sondagblad Times as volg aangehaal: “’n Kwart van die wêreld se nasies is tans in konflikte verwikkel.”
“En daar sal groot aardbewings . . . wees” (Lukas 21:11).
In hulle boek Terra Non Firma gee professors Gere en Shah van die Stanford-Universiteit ’n lys besonderhede oor 164 “betekenisvolle aardbewings van die wêreld” wat gedurende die afgelope meer as drieduisend jaar voorgekom het. Nege-en-tagtig van hierdie aardbewings het sedert 1914 voorgekom, en volgens skatting het hulle 1 047 944 lewens geeis. Hierdie lys het slegs groot aardbewings ingesluit, en sedert Terra Non Firma in 1984 uitgegee is; was daar verwoestende aardbewings in Chili, die Sowjet-Unie en Mexiko waarin nog duisende omgekom het.
“Daar sal . . . pessiektes [wees]” (Lukas 21:11).
In 1918 het ’n dodelike pessiekte die mensdom getref. Dit is die Spaanse griep genoem en het na elke bewoonde plek buiten die eiland St. Helena versprei en meer mense gedood as wat gedurende die vierjarige oorlog orngekom het. Die geneeskunde het sedertdien groot vooruitgang gemaak, en tog is daar ’n paradoks. The lancet verduidelik: “Die feit dat die seksueel oorgedraagde siektes (SOS) steeds die algemeenste groep geproklameerde infeksies is, is ’n paradoks van die moderne geneeskunde. . . . Vroeër het dit gelyk asof ons die seksueel oorgedraagde siektes sou kon beheer, maar in die laaste jare het dit hand-uit geruk.”
Daar is ander pessiektes wat die moderne geneeskunde ook nie kon stuit nie, soos kanker en kroonslagaarhartkwaal. Volgens die SA Huisartspraktyk is laasgenoemde “’n nuwe verskynsel. . . . Dit is ’n voortvloeisel van die samelewing sedert die Eerste Wêreldoorlog.” Volgens die boek Cardiovascular Update—Insight Into Heart Disease is hartkwaal en oorspanning “die vernaamste doodsoorsaak” in Brittanje. Die boek voeg by dat daar “tot dusver baie min vordering gemaak is om hulle te stuit”.
In ontwikkelingslande ly miljoene aan malaria, slaapsiekte, bilharzia en ander siektes. Diarree is een van die vernaamste doodsoorsake in die wêreld. Die tydskrif Medicine International verduidelik: “Volgens skatting is daar [elke] jaar waarskynlik 500 miljoen diarree-aanvalle onder die babas en kleuters in Asië, Afrika en Latyns-Amerika, met 5 tot 18 miljoen sterfgevalle.”
“Daar sal . . . hongersnode [wees]” (Lukas 21:11).
Hongersnode gaan gewoonlik met oorlog gepaard. Die Eerste Wêreldoorlog was geen uitsondering nie. Afgryslike hongersnode het kort daarna gevolg. En sedertdien? ’n Spesiale dokument The Challenge of Internationalism—Forty Years of the United Nations (1945-1985) sê: “Terwyl daar in 1950 ongeveer 1 650 miljoen ondervoede mense was, was daar in 1983 2 250 miljoen; met ander woorde, ’n toename van 600 miljoen, oftewel 36 persent meer.” ’n Verskriklike hongersnood het op Afrika se onlangse droogte gevolg. “In een jaar”, se die tydskrif Newsweek, “het tot 1 miljoen Ethiopiese plattelanders en 500 000 Soedannese kinders gesterf.” Derduisende van ander lande het ook omgekom.
“Daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom. En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies [wat vanweë die gebulder van die see en die onstuimigheid daarvan Been uitweg ken nie,] en mense se harte [sal] beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom” (Lukas 21:11, 25, 26, vgl. “NW”).
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is skrikwekkende nuwe wapens gebruik. Vliegtuie en lugskepe het bomme en koeëls uit die hemel laat reën. Die vernietiging, waaronder dié van twee atoombomme, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog op hulpelose burgerlikes gereën het, was selfs skrikwekkender.
Die see het ook die toneel van nuwe verskrikkings geword. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is duikbote as baie onbeduidend beskou, maar teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het hulle meer as tienduisend vaartuie gekelder. “Dit het gelyk asof die onverhoedse keldering van handelskepe, met inbegrip van [passasier]skepe, ’n deel was van die nuwe en skrikwekkende ‘totale oorlog’”, sê Norman Friedman in sy boek Submarine Design and Development.
Vandag beskou talle mense duikbote wat met ballistiese missiele toegerus is as die wêreld se slagskepe. Daar is ook dodelike wapens in kruismissielduikbote, vliegdekskepe en ander oorlogskepe. Volgens die boek Jane’s Fighting Ships 1986-87 is daar nou 929 duikbote, 30 vliegdekskepe, 84 kruisers, 367 torpedojaers, 675 fregatte, 276 korvette, 2 024 vinnige aanvalstuie en duisende ander militêre vaartuie in die aktiewe diens van 52 nasies. Voeg hierby tallose klein maar dodelike seemyne. Nog nooit tevore het die mens sulke gevaarlike “onstuimigheid” van die see teweeggebring nie.
Die mens het ook die gebied van “son en maan en sterre” binnegedring. Ballistiese missiele skiet die ruimte in voordat hulle op hul teikens afpyl. Ruimtetuie het die sonnestelsel binnegedring en selfs verder gegaan. Die nasies het baie afhanklik geword van mensgemaakte satelliete wat om die aarde wentel. Navigasie- en weersatelliete stel hulle in staat om strategiese missiele met dodelike akkuraatheid op hul teikens te rig. Kommunikasie- en spioenasiesatelliete word ook op groot skaal gebruik. “Satelliete”, sê Michael Sheehan in sy boek The Arms Race, “het die oë, ore en stemme van die supermoondhede se weermagte geword.”
’n Onlangse voorbeeld was die lugaanval op Libië. Aviation Week & Space Technology berig: “Amerikaanse . . . satellietfoto’s is vir aanvalsvoorbereidings en datainsameling na die aanval gebruik. Die Verdedigingsweersatellietprogram het weerdata vir die aanval voorsien, en militêre kommunikasieruimtetuie was by die aanvoering en beheer betrokke.” Weens die noodsaaklike rol van militêre satelliete beskik albei supermoondhede oor anti-satellietwapens. Dit is die openlike voorneme van een supermoondheid om as deel van ’n program wat algemeen Star Wars genoem word wapens in die ruimte te stasioneer. Aileen die tyd sal leer of die supermoondhede in ’n ruimteoorlog verwikkel sal raak al dan nie.
Soos voorspel, ‘beswyk mense se harte intussen van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom’. Misdadigheid, terrorisme, ekonomiese ineenstorting, chemiese besoedeling en stralingsvergiftiging van kern kragsentrales, asook die toenemende bedreiging van ’n kernoorlog, is almal oorsake van “vrees”. Die Britse tydskrif New Statesmen berig dat “meer as die helfte” van daardie land se tieners “dink dat kernoorlog in hulle leeftyd sal losbars, en 70 persent meen dat dit eendag onvermydelik sal wees”.
[Venster op bladsy 7]
Die teken—Wat beteken dit?
Miljoene wat die teken in die lig van 20ste-eeuse geskiedenis ondersoek het, is oortuig dat dit vervulling ondergaan. (Kyk ook Mattheüs hoofstuk 24 en Markus hoofstuk 13.) Die geslag van 1914 is inderdaad ’n uitsonderlike. Dit is die geslag wat betrokke is by die tweede vervulling van Jesus se woorde: “Hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie” (Lukas 21:32). Die “alles” behels onder meer bevryding, oftewel verlossing, van die mensdom se teisterende probleme.
Jesus het sy volgelinge die versekering gegee: “As hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is . . . julle [moet] weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.” God se Koninkryk, ’n bomenslike wêreldregering, sal hierdie aarde in ’n wêreldwye paradys omskep. Net so seker soos wat die teken vervul is, sal verlossing dus kom.—Lukas 21:28, 31; Psalm 72:1-8.
Dalk het jy die profetiese teken nog nie vantevore ondersoek nie. Ons spoor jou aan om God se Woord verder te ondersoek. Dit sal jou in staat stel om God se voorneme met die mensdom beter te verstaan. Sodoende sal jy leer wat Jehovah God van diegene vereis wat hy sal ‘verlos’ en tot in die komende aardse Paradys behoue sal laat bly.—Psalm 37:10, 11; Sefanja 2:2, 3; Openbaring 21:3-5.
[Foto-erkennings op bladsy 5]
Met vergunning van die Duitse Spoorweginformasieburo, New York
Eric Schwab/WGO
[Foto-erkenning op bladsy 6]
Jerry Frank/Verenigde Volke
Foto: Amerikaanse lugmag