-
”Julle verlossing kom nader”!Die Wagtoring — 2015 | Julie 15
-
-
2. Wat moes Christene doen toe hulle sien dat Romeinse soldate hulle stad omsingel, en hoe sou dit vir hulle moontlik wees?
2 Jesus het sy dissipels jare tevore beveel: “Wanneer julle Jerusalem deur leërkampe omsingel sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby gekom het. Laat dié wat in Judea is, dan na die berge begin vlug, en laat dié wat in die stad is, uitgaan, en laat dié wat in die plattelandse plekke is, nie daar ingaan nie” (Lukas 21:20, 21). Hoe sou hulle aan Jesus gehoorsaam kon wees en Jerusalem kon verlaat, aangesien die stad deur soldate omsingel was? Iets verstommends het gebeur. Die Romeinse leër het Jerusalem skielik verlaat! Die aanval is “verkort”, net soos Jesus gesê het (Matteus 24:22). Toe die leër terugtrek, het getroue Christene die geleentheid gehad om Jesus te gehoorsaam deur onmiddellik na die berge te vlug.a (Sien voetnoot.) Later, in die jaar 70, het ’n ander Romeinse leër na Jerusalem teruggekeer. Dié keer het hulle die stad vernietig. Maar almal wat Jesus gehoorsaam het, is gered.
-
-
”Julle verlossing kom nader”!Die Wagtoring — 2015 | Julie 15
-
-
’N TYDPERK VAN TOETSING EN OORDEEL
7, 8. Watter geleentheid sal daar ná die vernietiging van valse godsdiens wees, en in watter opsig sal God se volk uniek wees?
7 Wat sal gebeur nadat valse godsdiens vernietig is? Dit sal ’n tyd wees om te toon wat werklik in ons hart is. Die meeste mense sal dan beskerming en hulp soek by menseorganisasies, “die rotse van die berge” (Openbaring 6:15-17). Maar Jehovah se volk sal op hom vertrou om hulle te beskerm. Toe die aanval in die eerste eeu “verkort” is, was dit nie die tyd vir al die Jode om hulle skielik tot die Christelike godsdiens te bekeer nie. Dit was eerder die tyd vir diegene wat reeds Christene was om uit Jerusalem te vlug, soos Jesus hulle beveel het. In die toekoms, wanneer die aanval op Babilon die Grote “verkort” word, kan ons ook nie verwag dat baie mense hulle skielik tot die ware Christelike godsdiens sal bekeer nie. Dit sal eerder vir alle ware aanbidders ’n geleentheid bied om hulle liefde vir Jehovah te bewys en om die gesalfdes te ondersteun.—Matteus 25:34-40.
Dit sal ’n geleentheid wees om ons liefde vir Jehovah te bewys en om die gesalfdes te ondersteun
8 Ons weet nie presies wat gedurende daardie tydperk van toetsing sal gebeur nie. Maar ons verwag wel dat die lewe nie maklik sal wees nie en dat ons opofferings sal moet maak. In die eerste eeu moes Christene hulle huise verlaat en moeilike omstandighede verduur om te oorleef (Markus 13:15-18). Ons moet ons afvra: ‘Is ek bereid om materiële dinge prys te gee? Is ek bereid om alles in my vermoë te doen om lojaal aan Jehovah te bly?’ Dink net! Dan sal ons die enigstes wees wat die profeet Daniël se voorbeeld volg deur ons God te aanbid, ongeag wat gebeur.—Daniël 6:10, 11.
“Die einde” sal dan hier wees!
-