Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 11 bl. 30-bl. 31 par. 14
  • Johannes die Doper berei die weg voor

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Johannes die Doper berei die weg voor
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Johannes berei die weg
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Johannes berei die weg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Hy was die Messias se voorloper
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Johannes berei die weg voor
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 11 bl. 30-bl. 31 par. 14
Johannes die Doper preek oor berou

HOOFSTUK 11

Johannes die Doper berei die weg voor

MATTEUS 3:1-12 MARKUS 1:1-8 LUKAS 3:1-18 JOHANNES 1:6-8, 15-28

  • JOHANNES KOM OM TE PREEK EN MENSE TE DOOP

  • BAIE WORD GEDOOP, MAAR NIE ALMAL NIE

Omtrent 17 jaar is verby vandat die 12-jarige Jesus die leermeesters in die tempel uitgevra het. Dit is nou die lente van 29 HJ. Baie mense praat oor Jesus se familielid Johannes, wat oral aan die westelike kant van die Jordaanrivier preek.

Hoe Johannes lyk en hoe hy praat, is nogal indrukwekkend. Sy klere is van kameelhaar, en hy dra ’n leerlyfband om sy middel. Hy eet sprinkane en wilde heuning. Wat is sy boodskap? “Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom.” – Matteus 3:2.

Johannes se boodskap trek mense se aandag. Baie besef dat hulle berou moet toon, dit wil sê dat hulle hulle gesindheid en dade moet verander en dat hulle die manier waarop hulle gelewe het, moet verwerp. Die mense wat na hom toe kom, is van “Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing om die Jordaanrivier” (Matteus 3:5). Baie wat na Johannes toe kom, toon berou. Hy doop hulle deur hulle in die Jordaanrivier onder die water te dompel. Hoekom?

Jode wat berou toon, kom na Johannes om gedoop te word

Hy doop mense as ’n simbool, of erkenning, van hulle opregte berou omdat hulle teen God se Wetsverbond gesondig het (Handelinge 19:4). Maar nie almal kwalifiseer nie. Wanneer party godsdiensleiers, Fariseërs en Sadduseërs, na Johannes toe kom, noem hy hulle “giftige slange”. Hy sê: “Bring . . . vrugte voort wat by berou pas. Moenie dink dat julle vir julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as ons vader’ nie. Want ek sê vir julle dat God vir Abraham kinders uit hierdie klippe kan voortbring. Die byl lê reeds by die wortel van die boom. Elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, gaan afgekap en in die vuur gegooi word.” – Matteus 3:7-10.

Omdat Johannes baie aandag kry, ’n kragtige boodskap verkondig en baie mense doop, word die priesters en die Leviete gestuur om hom te vra: “Wie is jy?”

“Ek is nie die Christus nie,” erken Johannes.

“Nou wat dan? Is jy Elia?” vra hulle.

Hy antwoord: “Ek is nie.”

“Is jy die Profeet?” vra hulle. Hulle bedoel die groot Profeet wat Moses gesê het sou kom. – Deuteronomium 18:15, 18.

“Nee!” sê Johannes.

Hulle hou aan vra: “Wie is jy? Sê vir ons sodat ons ’n antwoord kan gee aan die mense wat ons gestuur het. Wat het jy oor jouself te sê?” Johannes sê: “Ek is die een wat in die wildernis uitroep: ‘Maak die weg van Jehovah reguit,’ net soos die profeet Jesaja gesê het.” – Johannes 1:19-23.

“Hoekom doop jy dan mense as jy self nie die Christus of Elia of die Profeet is nie?” wil hulle weet. Hy gee ’n betekenisvolle antwoord: “Ek doop in water. Onder julle staan iemand wat julle nie ken nie, die een wat ná my kom.” – Johannes 1:25-27.

Ja, Johannes erken dat hy die weg voorberei deur mense te help om die regte hartstoestand te kry sodat hulle die voorspelde Messias, wat Koning sal word, kan aanvaar. Johannes sê van hom: “Die een wat ná my kom, is sterker as ek, en ek is nie waardig om sy sandale uit te trek nie” (Matteus 3:11). Johannes sê selfs: “Die een wat ná my kom, het voor my uit gegaan, want hy het voor my bestaan.” – Johannes 1:15.

Daarom is Johannes se boodskap beslis gepas wanneer hy sê: “Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom” (Matteus 3:2). Die doel van hierdie boodskap is sodat mense kan weet dat die bediening van Jehovah se komende Koning, Jesus Christus, binnekort sal begin.

  • Watter soort mens is Johannes, en wat doen hy?

  • Hoekom doop Johannes mense?

  • Wat is Johannes se boodskap, en hoekom is dit gepas?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel