SKATTE UIT GOD SE WOORD | LUKAS 6-7
Wees vrygewig met die maat waarmee julle uitmeet
’n Vrygewige persoon gee graag van sy tyd, energie en besittings om ander te help en aan te moedig.
Die vorm van die Griekse werkwoord wat met “gee altyddeur” vertaal word, gee die idee dat iets aanhoudend gedoen word
As ons altyd gee, sal ander “’n goeie maat, ingestamp, geskud en oorlopend, in [ons] skoot stort”. Hierdie woorde verwys dalk na iets wat party verkopers gedoen het wanneer hulle die produk wat gekoop is in die gevoude bokleed gesit het